NET EEN TREE TUSSEN MY EN DIE DOOD
Ek was twee jaar oud toe my moeder my hierdie woorde hoor sing het: “Jesus is die soetste Naam vir my.” Ek het met die gang in ons huis afgestap gekom met my wit krulkop en vet beentjies.
Vandag is ek twintig jaar oud en is opgesluit tussen die vier mure van ‘n dodesel. Ek is aangekla van moord, skuldig bevind en ter dood veroordeel, maar ek is bly om vandag te kan sê: “Jesus is die soetste Naam vir my.”
Ons het arm maar tog Christelik groot geword en toe ek nog klein was, het my moeder ons menigmaal in die kamer geneem om vir ons kinders ‘n stukkie uit die Bybel te lees, asook om ‘n gebed te doen.