Preek oor 1 Petrus

Geskryf deur Pieter Scholtz. Gepos in Geskrewe Preke

Inleiding

Die ywerige, vurige, en geliefde leier Apostel, Petrus, skryf hierdie ‘kosbare’ brief omstreeks 65 A.D. vanaf Babilon (5:13) aan die vreemdelinge in die verstrooiing – d.w.s. aan gelowiges wat voor vervolgers uit moes vlug en heel waarskynlik al hul besittings moes prysgee, en ontsettende pyn en lyding moes verduur. Petrus is baie lief vir die woord ‘kosbaar’ en in die lig van kosbaarhede wat vervolgde Christene noodwendig moet verbeur, noem en beskryf hy dan juis in sy briewe 5 kosbare skatte wat hulle dan as ewige, onmisbare en onvernietigbare winste behaal.

Daarom bestempel sommige sy 2 briewe as briewe wat met reg die stempel van ‘kosbare briewe’ dra; briewe wat terselfdertyd ook die 5 heilige roepings vir elke Christen duidelik uitspel. Die brief is gerig aan alle ‘kosbare’ gelowiges om hulle te bemoedig en hulle ook te leer hoe om verdrukking oorwinnend te verdra deur hulleself sterk en waardig, as volgelinge van Christus, te gedra.

Petrus verwys dikwels na die voorbeeld van Christus en hoe, waarvoor en met watter doel én gesindheid Hý vir en namens óns gely, oorwinning behaal en dit verseker het, waarin óns ook nou kan deel. Petrus beweer dat lyding en stryd, tot selfs by die uiterste perke van beproewing en droefheid (1:6) vir elke Christen – as dit nodig is (1:6) – nie as iets vreemds beskou moet word wat toevallig oor ons kom nie (4:12). Hierdie lyding en beproewing wat nou slegs vir ʼn kort tydjie (1:6; 5:10) duur, kan nooit opweeg teen ons ewige winste wat van soveel onskatbare waarde is nie! Dit impliseer dat God self die hitte van die vuurproef en die tydsduur van die loutering volkome beheer en soos 1 Kor.10:13 dit stel, dat Hy saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat ons dit kan verdra! Vertroue in God beteken: ʼn sekere wete dat Hy alles wat met ons gebeur so volkome beheer, dat Hy selfs die kleinste besonderhede daarvan nie ‘dalk vergeet’ het nie! Die woord ‘ly’ en ‘lyding’ kom dikwels hier voor. Petrus sien die volmaakte verlossing wat Christus vir ons behaal het raak en dat, nieteenstaande en in weerwil van die lyding en stryd wat daarmee gepaard gaan, die heerlikheid en seën van volkome oorwinning en die rykdom van ewige winste van onskatbare waarde, elke gelowige sal inspireer om met ʼn heerlike en onuitspreeklike blydskap te jubel (1:8)! Let aub op 4:13.

Petrus stel dit ook baie duidelik in sy briewe dat ons kan leer om in Sý krag só te oorwin dat ons, as meer as oorwinnaars, selfs die ‘buit’ uit die geveg kan bring en so Sý Naam verheerlik! Alle onregverdige, onverstaanbare en onvermydelike lyding, verdrukking, verliese, misverstande en belediging ter wille van Christus en Sy Naam, moet ons as geleenthede beskou, deur God so beskik om te leer, te oorwin en te groei! Hierdie saak is só belangrik, dat hy vir ons lyding as ʼn heilige roeping voorhou waartoe God elke Christen verbind, dat ons hierin beslis die voorbeeld van Christus moet navolg (2:21).

In sy voorneme en doel om gelowiges in hulle geloof deeglik te anker en vir die stryd te staal, dek die skrywer ʼn wye veld in die alledaagse, praktiese lewe van die Christen. Dit mag ons help om hier en daar grense te trek of sfere te identifiseer waarbinne sommige aspekte wat in die brief genoem word, gegroepeer kan word en prakties uitvoerbaar funksioneer. Hier is ʼn paar riglyne:           En so vind die gedagte ...

Van ‘kinders’ in 1:14, inslag by die samestelling van ʼn hegte, stabiele, bevoorregte huisgesin ...
Van die offer van die ‘kosbare bloed’ (1:19) van Christus, by die gedagte van die Kruis of altaar ...
Van ʼn ‘kosbare hoeksteen’ (2:6) en ‘koninklike priesterdom’ by die geestelike huis of Tempel ...
Van geroepenes uit die duisternis tot Sy ‘wonderbare lig’ (2:9) by die van ʼn kragstasie of lighuis ...
Van ‘vreemdelinge en bywoners’ (1:1,17; 2:11) by almal wat op reis is en op die pad of in tente woon ...
Van ‘vrymense ... diensknegte ... diensknegte van God’ – ‘doulos’  (2:16,18), van slawe kwartiere ...
Van ‘volgelinge’ (2:21) van Christus, by die van Sy dissipels of vegtende soldate die slagveld ...
Van ‘skape’ (2:25), by die van die Goeie Herder, die Groot Herder en die Opperherder se kraal ...
Van onderdanige ‘vroue’ en verstandige ‘manne’ (3:1-7), binne elke egpaar se eie huismure ...

En uiteindelik – die ‘almal’ (3:8); die ‘regverdiges’ (3:12); die ‘julle’ (v.17; 4:1); die ‘iemand’ (4:11,16), die ‘niemand’ (4:15); die ouderlinge as herders (5:1-4); die nederiges (5:5) en die standvastiges (5:9) .... almal wat in die stryd betrokke is, wat die teiken van die wêreld en van die aartsvyand (5:8,9) is. M.a.w. God se groot, uitverkore en oorwinnende weermag! Elkeen van hierdie verbintenisse sluit vir ons ʼn ongelooflike deur oop tot die wonderlike, onnaspeurlike rykdomme van Christus en in elkeen is die rol van die Christus van God die ‘sleutel’ tot die openbaring en toepassing daarvan in ons eie lewens. Telkens word Hý dan ook as ons Plaasvervanger, ons Redder, Voorloper, Voorbeeld, Heiligmaker, Herder, Opsiener en Opperherder voorgehou! Petrus het nie afgewyk van die sentrale waarheid van die Kruis en van Christus nie!

- 2 -

Terwyl ons dan nou die briewe in meer detail gaan bestudeer, is die openbaring deur die Heilige Gees – van die verstand, tot die hart – deur die betekenis van die belangrikste woorde of terme – geweldig belangrik.  Die eerste hoofstuk lê die stewige fondament van die wedergeboorte, van die middele wat God daartoe gebruik en later volg die kenmerke/uitwerking daarvan by die mense vir wie God hierdie gróót genadewerk kom doen. God werk deur (1) die kosbare bloed van Christus, (2) sy lewende woord wat toegepas en lewend gemaak word deur (3) die Heilige Gees, waardeur verlore mense gered word. Die mens (1) gehoorsaam en (2) glo tot wedergeboorte (1:3,23) en (3) word geheilig deur geloof in die heiligmaking vd Gees (1:2,15).

Petrus stel ons dadelik, reeds vóór sy seëngroet in vers 2, voor aan die drie-enige God se bloudruk en werking om die verlore mens te red – God die Vader, in sy genade verkiesing van verlore sondaars tot kinders van God; van die heiligmaking van Gees tot volwaardige en waardige kinders van God en van die besprenkeling met die bloed van Jesus Christus tot losgekoopte en vrygemaakte kinders!

Baie belangrik is dit om te vra – wát is dan die deel wat die mens moet doen; hoe word ʼn verlore sondaar ʼn wedergebore kind van God en waaraan kan hy dit weet?  Reg in die middel van vers 2 vind ons die eerste sleutel tot die rol van die mens in sy redding, deur die woord gehoorsaamheid (v.2,14,22). Dit behels nie net die keuse self nie, maar ook die motief en kwaliteit van die handeling. Petrus noem nie net die 3 gevalle van gehoorsaamheid tot redding nie, maar ook 3 ander van ongehoorsaamheid tot verderf in 2:8; 3:20 en 4:17 waarop verskriklike oordele rus. Dit toon die vryheid van keuse van elke mens, in elkeen van sy keuses tot gehoorsaamheid:

1.    Gehoorsaamheid  (Is dit hier gehoorsaamheid aan ʼn wet, ʼn bevel, ʼn standaard of ʼn persoon?)


(a)    Deur die gehoorsaamheid wat hier, in v.2 ter sprake is, kom geloofsaanvaarding van die offer van Jesus Christus, in die besprenkeling met Sy bloed (1:2). Soos die van die groot menigte priesters, toe hulle ‘gehoorsaam geword (het) aan die geloof’ in Christus (Hand.6:7). Die belangrikste openbaring deur die Heilige Gees wat goddelike lig laat deurbreek op die gróótste gebeurtenis aangaande ons redding, is die besprenkeling met die bloed van Jesus deur sy offer van sy Kruis. Dit vereis ʼn daadwerklike, besliste keuse van gehoorsaamheid tot geloof!



(b)     Deur gehoorsaamheid soos wat van kinders verwag word aan die betroubare, gesaghebbende en uiters liefdevolle woord en gesag van hulle ouers (1:14). Hier kom die kwaliteit van gehoorsaamheid wat ter sprake is na vore – nie soos van ʼn slaaf tot sy meester nie, maar van ʼn kind tot sy ouer!  Gehoorsaamheid nie uit die plig van wettiese werke of vir uiterlike vertoon, of om iets te verdien nie, maar geïnspireer deur ʼn intieme liefdesverhouding tussen gelykes in wese, gees en aard, wat die hart en karakter van die ander party deeglik ken en vertrou, in eenheid daarmee funksioneer en daarin deel! God is geen slawedrywer nie en sal nooit, maar nooit blindelingse gehoorsaamheid van enige mens eis sonder dat Hy éérs aan so ʼn mens sy eie hart en gesindheid gewys het nie! Maar die oomblik as ʼn mens Sý hart, doel en standaard gesien het, verander alles en is vrywillige en blymoedige gehoorsaamheid vir so iemand ʼn spontane reaksie en sy onvoorwaardelike prioriteit!  
(‘AS julle My liefhet, bewaar My gebooie ...’ – C.T.Studd)



(c)    Deur gehoorsaamheid aan die waarheid (v.22). Jesus bid tot sy Vader en sê: ‘Heilig hulle in u waarheid ...U woord is die waarheid ...’ (Joh.17:17). Die heerlike waarheid van die blye evangelie boodskap bevat die onverganklike saad van die woord wat tot in ewigheid bly!  ‘Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore’ (1 Joh.3:9). Die woord van God is die medium waardeur die Heilige Gees die wat gered word, soos met rein water besprinkel (Eseg.36:25); soos die woord wat Jesus tot sy dissipels gespreek het, hulle gereinig het (Joh.15:3); en soos die offer van Jesus waardeur Hy die gemeente heilig, nadat Hy dit gewas en gereinig het met die waterbad deur die woord (Ef.5:25,26).
- 3 -

(d)    Dan ook die meer direkte, persoonlike en lewendmakende stem van die Seun van God self, diep in die mens se hart (die blye evangelie nuus) wat die geestelike dode sal hoor ... en die wat dit (persoonlik) gehoor het, sal lewe! (N.B.Joh.5:25). Soos Hy die wedergeboorte as ʼn vrye gawe skenk aan die wat Hom gehoorsaam ís, gee/skenk God ook die Heilige Gees aan die wat Hom gehoorsaam ís (Hand.5:32; 2:38; Luk.11:13 - Hierdie is baie belangrik!).


Gehoorsaamheid van sy kinders/vertrouelinge is by God baie belangrik en elke opdrag in die bevelende wys ... teenwoordige tyd wat Hy tot ons rig, moet stiptelik gehoorsaam word! God se openbaring kom deur gehoorsaamheid, nie deur kennis nie (Joh.7:17). Waar óngehoorsaamheid inskop, steek God se verdere openbaring vas! Dit is jou grootste oomblik wanneer Hy sy waarheid in jou binneste openbaar, maar dan is dit ook jou gevaarlikste (2 Tes.2:10,11)! Hy het géén simpatie met ongehoorsaamheid  nie. By Hóm is gehoorsaamheid beter as offerande! (voorbeeld van ongehoorsame profeet in 1 Konings 13). Gehoorsaamheid in die aanvaarding van die offer van Christus, aan die waarheid van sy woord en met die gesindheid van ʼn kind tot sy ouer, lei dus tot die tweede deel van die rol van die mens, in die saak van sy redding, nl.,


2.    Geloof!

(a)      Geloof wat hoop op die heerlikheid (die saligheid) wat gereed is om geopenbaar te word ... (v.5): Hierdie geloof verwys na die lewende hoop deur die wedergeboorte van vers 3 en vorentoe tot daardie deel van God se verlossingsplan wat volkome voltooi sal wees  – tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus met Sy wederkoms in vers 7. Die betekenis van God se verlossingsplan was só wonderlik en begeerlik - die profete het dit naarstiglik nagevors; dinge waarin selfs die engele begerig was om in te sien (v.10-12; Mat.13:16,17).



(b)      Geloof wat die vuurproef deurstaan  (1:6-8) Geloof ... wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan, maar deur vuur gelouter word ... (1:7). Hier is geloof een van die 5 kosbare dinge in die Sendbrief, soos in 2 Pet.1:1, waar Petrus weer van ʼn kosbare geloof praat. Die Heilige Gees vergelyk ons geloof met die edelste, uiters waardevolle, skaars, onvernietigbare, kleurvolle, begeerlike en smeedbaarste metaal (want dit is ook so buigbaar en verspreibaar). As wêreldmarkte tuimel vlug baie na goud, maar van geloof, sê God, julle geloof is ‘baie kosbaarder as goud wat vergaan’ en salig is elkeen wat dáárheen vlug! Voeg daarby die kwaliteit van gelouterde, fyn goud wat, hoe meer en hoe deegliker dit gelouter word, nog meer waardevol, sagter en hanteerbaar is!

Die “beproefdheid van ons geloof” – dit wat “baie kosbaarder is as goud wat vergaan,  (daarom moet ons geloof ook) deur vuur gelouter word ...” (1:7); Vuur bly nog altyd die metode om goud van die klip/gruis te skei. Maar om dit tot ‘fyn goud’ te veredel in sy skoonste en suiwerste vorm vereis ʼn steeds skerper, witwarm hitte! Goeie nuus! Die warmste vure kan egte goud nooit vernietig nie, net skoner en edeler maak!

God se grootste helde, soos Josef – Ps.105:19 – eers ná al die ‘vure’ was hy beproef verklaar en met verhoging vertrou (Gen.41:52). ʼn M soos Job het letterlik alles verloor, maar nogtans kon hy uitroep: “Al wil Hy my neerslaan, vertrou ek op Hom!” God kon die Satan uitdaag, Sy eer veilig op die spel plaas, en hom toe oorlaai met Sy onbeskryflike, dubbele seën! Eers wat jy self toets en beproef het, word eers werklik jou eie. So word geloof jou eie, eers wanneer dit klaar deur die vuuroond gegaan het. Gehoorsame mense vind dit maklik om te GLO!

Die Satan mik altyd eerste na ons GELOOF! Hy wéét dat God sê, dat ‘sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag! As Satan se ‘sif’ begin skud sodat van die korrels  moet deurval, is daar EEN wat waak. Vir Petrus persoonlik, het Hy by sy naam gebid dat sy “geloof” nie sal ophou nie! (Luk.22:32). As geloof God behaag (He.11:5.6), maak ongeloof Hom kwaad (He.3:10,12)!
- 4 –


Daar is NIKS wat God só bedroef en beledig as die mens se bose hart van ongeloof nie! As ons eers bewyse soek vir dit wat Hý beloof het, maak ons Hóm tot leuenaar! In die lig vd Kruis ontdek ons dis ongeloof wat Hom gekruisig het ... ongeloof is inderdaad dié gróótste sonde! “Hy sal oortuig van sonde ... van sonde, omdat hulle IN My nie glo nie!” (Joh.16:8,9). ‘Aan die wortel van ongeloof is daar altyd ʼn morele oorsaak – sonde – in die een of ander vorm.’ (Oswald Chambers). Die ‘slang’ van suspisie, twyfel, rebelsheid en ongeloof in ons, het die Here Jesus aan die kruis laat hang en laat uitroep: ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ Maar Goddank!!! Ook dáár  - by die kruis - ontdek ons dat God ons van daardie harde, koue kliphart - die bose hart van ongeloof - bevry wanneer ons ʼn kykie kry tot binne in Sy hart van liefde! In Gal.2:20 is die resep tot lewe en oorvloed van lewe: “EK is met Christus gekruisig en EK leef nie meer nie maar die lewe wat ek nou leef, leef ek deur die geloof in (van) die Seun van God ...”



(c)       Geloof wat volhard tot by ons uiteindelike saligheid (1:9):  Geloof se onfeilbare ankers is in die woord van God (v.23; Rom.10:17). Geloof het te doen met ons wil – ‘ek wil om te glo, daarom glo ek’ en daarom volg geloof ook altyd op die daad van gehoorsaamheid aan goddelike lig en openbaring.  Die groot held vd NT roep uit: “Ek het die goeie stryd gestry ... ek het die geloof behou!” “Stry” nie teen sonde nie (word daarvan verlos!), maar ‘stry’ die goeie stryd van die geloof! Jesus Christus is die Beginner en die Voleinder van ons onvernietigbare, dinamiese geloof in Hóm wat nie probeer raai of voel nie, maar wat wéét ...! (v.18; Heb.3:6; 10:23; 12:2).


(d)       Geloof is vol hoop want sy waarborg is Christus se opwekking uit die dood (1:21): Lees He.13:20,21; 1 Kor.15:4-8; v.12-26; Op.1:17,18.



Wanneer God geredde mense sy ‘kinders’ noem wat ‘uit God gebore’ (1Joh.3:9; 5:18) is, dan is God hulle Vader (vgl. v.14 en 17).  In 1 Joh.3:2 sê die apostel, ‘geliefdes, nou is ons kinders van God ... ons weet dat, as Hy verskyn, ons aan Hom gelyk sal wees omdat ons Hom sal  sien soos Hy is ...’ In die O.T. het niemand dit gewaag om God ‘Vader’ te noem nie, maar in die N.T. kom dit 260 keer voor en leer Jesus ons dat ons moet bid tot ons ‘Vader wat in die hemel is ...’ Hoe wéét ek as mens dat ek God se kind is en dat Hy my Vader is?  Wat is die kenmerke en eienskappe van ʼn kind van God?

KINDERS VAN GOD ...uit Hom gebore

In 1 Pet.1:14 spreek van gehoorsame kinders van lede van ʼn stabiele, bevoorregte huisgesin wat met sterk bande van bloed en liefde aan hul eie familie verbind is.  Al die lede behoort tot daardie een hegte familie. Die ‘kinders’ is nie aangenome kinders nie, maar fisies gebore kinders; net soos geestelike kinders altyd wedergebore kinders beteken. Twee keer in die eerste hoofstuk, praat Petrus van die wedergeboorte (1:3,23). Presies wat is die vernaamste kenmerke van ʼn gebore kind uit sy wettige ouers na die vlees, dit wat ooreenstem met God se geestelike kinders wat uit Hom gebore is na die gees? Dit is ʼn baie diep en belangrike saak waarop Petrus reg van die begin af baie klem laat val. Die vernaamste kenmerke of eienskappe van ʼn wedergebore mens wat Petrus noem is dan die volgende:

(a)    Geaardheid:  2 Pet.1:4. ‘Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes gegee het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die Goddelike natuur ...’ Ons menslike natuur het ons deur skepping van God ontvang en behou dit so lank as wat ons leef. Ons sondige natuur het ons, deur die sondeval, van die ‘eerste Adam’ deur geboorte geërf en dit besoedel en beduiwel ons menslike natuur so lank as wat ons in sonde voortleef. Om kinders van God te kan word en deelgenote van die Goddelike natuur, vereis ʼn afsterwe van die sondige natuur deur die kruis van Jesus Christus en ʼn nuwe geboorte uit God, ons Vader en Jesus Christus, ons Verlosser. Deur die wedergeboorte word ons deelgenote van die Goddelike natuur - iets van God self – nie net Sy natuur nie, maar Hy self! Jesus Christus (Ef.3:17; Rom.8:10), die Heilige Gees (Rom.8:9,11) en die Vader en die Seun (Joh.14:23) kom IN ONS WOON!
- 5 –


Wedergeboorte beteken, ‘om weer te wees’. Dit is die groot verandering wat God beskik  wanneer hy ʼn siel wat ‘dood is deur die sonde én die misdade’ tot lewe bring ... wanneer Hy jou en my uit die dood van sonde opwek tot ʼn lewe van geregtigheid en heiligheid. Dit behels oortuiging van verlorenheid (‘sonder God en sonder hoop’ – op pad hel toe – ‘O! God wees my sondaar genadig’!) en berou (droefheid oor wat jou sonde ander mense, vir Christus aan die kruis én vir God aangedoen het) oor sonde, reddende geloof in Christus en bekering.

As die teks verklaar dat ons deur die kosbare beloftes deelgenote word van die Goddelike natuur, beteken dit die kind erf die geaardheid van sy ouer. Hy aard na sy pa en lyk ook na hom. Gelukkige kinders van liefdevolle ouers, het ook die gesindheid en die karaktertrekke van hulle ouers – die gesindheid wat in Jesus was (Fil.2:9). Hulle het ook hulle ouers lief en stel intens belang in al hulle doen en late, en deel daarin; daarom is die Bybel vir hulle die wonderlikste van alle boeke. ʼn Wedergebore kind van God haat sonde en word uitgeken aan sy eerlikheid, opregtheid, nederigheid, godvresendheid en Christus gesindheid. Gehegtheid aan en liefde vir sy ouerhuis verlaat nooit die kind van so ʼn gelukkige huis nie! Só ʼn kind leer van sy ouers, aanvaar hulle raad en geniet die voedsel, sorg, beskerming en opvoeding van sy ouers. Al hierdie kenmerke is ook duidelik waarneembaar by ʼn wedergebore kind van God. As iemand die karakter en gesindheid – d.w.s. die aard van die hemelse Vader leer ken het, kan die eerlike mens, met die lig van die Heilige Gees en die woord van God, met sekerheid vasstel of hy of sy werklik ʼn egte kind ... ʼn uit God gebore kind ... is! Dit is iets wat jy kan en virséker moet wéét (1 Joh.2:20; 3:14,24; 4:13; 5:12,23,18).  Soos die blinde man se uitroep (Joh.9:25).


(b)    Gesondheid:  As jy séker is dat jy is Sy kind, dan vermaan Petrus – die outoriteit wat die beste weet - geredde mense om sterk te verlang, soos pasgebore babatjies, na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei (2:2). En ʼn gesonde aptyt vir gesonde geestelike voedsel is ʼn séker teken van die nuwe lewe (v.3). Nog ʼn teken van ʼn gesonde geboorte is gesonde groei wat daarop volg, nou gepaard met die baie sterk behoefte en drang na meer vaste spyse van die dieper waarhede van die woord, van Christus gelykvormigheid en heiligheid (He.5:13,14). Die oorsprong, bron en ankers van reddende of saligmakende geloof is die “grootste en kosbare beloftes” van God! Hier vind ons die eerste van die 5 kosbare skatte in die brief – God se ‘kosbare beloftes’. Sy kosbare, onfeilbare beloftes is gegrond op onweerlegbare feite en op die karakter en waaragtigheid van die Een wat dit gee! En feite het géén bewyse nodig nie!

God omskep Sý beloftes, in antwoord op jóú geloof, in persoonlike werklikhede! Vir die een wat gehoorsaam, wat Hóm wat beloof het waaragtig bevind en getrou ag, is geloof nie ʼn probleem  nie! As God só tot die mens se hart spreek dat dit ’n verskil maak, doen Hy dit nooit sonder om ’n kosbare belofte diep in sy binneste lewend te maak en persoonlik toe te pas nie. Gewoonlik is só ʼn belofte vir jou en my dan oneindig ‘kosbaar’ en onvergeetlik! Deur Sy beloftes red, heilig en seën God Sy kind en verhoor en verlos hom ... dikwels uit groot angs en benoudheid. Sonder al Sy kosbare, positiewe en welmenende beloftes sou niemand dit wou waag om God aan te roep of tot Hom te nader nie! Daar is na bewering 30,000 in die Bybel!


Raadpleeg die volgende beloftes i.v.m. “God is getrou ...” (1 Kor.1:9; 1 Thes.5:24; 1 Pe.2:6 - let op ‘nooit’) Gryp dit en hou dit vas! “Offer (dan) dank aan God en betaal (ook) jóú geloftes aan Hom ...” (Ps.116:12-14). Net daarom kon helde van geloof (He.11) staande bly, waagmoed openbaar en oorwinning behaal! Daarom kon hulle ‘deur geloof EN lankmoedigheid erfgename van die beloftes word’. Kon hulle op God WAG. Van God se belangrikste beloftes het Hy met ’n eed gewaarborg (He.6:12-20). Daarom kon Abr vir 25 jr wag totdat Isak kom - want hy het ‘n belofte gehad. Daarom kon hy Isak offer - want hy het ‘n belofte gehad (Heb.11:17-19). Daarom kon gelowiges vir 4,000 jr ná die moederbelofte in Genesis, nog WAG op die Messias. Daarom kon dissipels in Jerusalem WAG op die belofte van die Vader. Daarom kan jy bekostig om op God te WAG, want “die wat op die Here WAG, kry nuwe krag (nuwe ‘vere’ soos arend)!” “Wag op die Here en laat jou hart sterk wees, ja wag op die Here!” (Ps.27:14)
- 6 –

(c)    Getuienis: Die ware wedergeborene ‘skrik’ nie vir die woord ‘wedergeboorte’ nie en is ook nie ‘ongemaklik’ of daarmee verleë nie! Hy gryp na elke geleentheid om daarvan te getuig. Hy of sy is ewig dankbaar teenoor die ‘God en Vader van onse Here Jesus Christus’ wat die wedergeboorte as ʼn vrye gawe aan hom of haar ‘geskenk’ het (1:3). Daardeur het ek en jy, wat vrymoedig daarvan kan getuig omdat ons harte daarvan vol is, ook totaal verlief geraak op ons Verlosser ... Jesus Christus ... Hom wat jy nie sien nie, maar in wie jy glo én in wie jy jou verbly met ʼn onuitspreeklike en heerlike blydskap (1:8). Deur geloof in Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser is jy uit die dood uit opgewek tot die lewe – ewige lewe! Soos Moses die slang verhef het – net één kyk in geloof op die tipe van Christus aan die kruis, het die wonderwerk van genesing in hulle liggame laat geskied. Hoeveel te méér sal net één kyk in geloof na die werklikheid van Christus in jou plek aan die kruis, God se wonder van genade in jou siel laat geskied!

Dankbare blydskap teenoor God wat uitstraal as gevolg van jou sékerheid, van ‘wéét’! Blydskap vir ewige lewe! Jubelende blydskap, selfs en juis wanneer jy ʼn ‘vuurgloed van vervolging’ (4:12-14) moet verduur en wanneer jy weerstaan en beledig word terwille van Christus! Dit is vir jou ʼn séker teken, van die wêreld se kant, dat die Gees van heerlikheid en van God op jou rus (4:14). Deur jou positiewe blydskap gee jy ʼn duidelike getuienis van jou ware, werklike innerlike sékerheid en die hoop wat in jou leef! En jy getuig onverskrokke en met ʼn helder noot daarvan! Van ʼn ware wedergeborene sê Petrus, hy is ook altyd bereid (meer as gewillig, selfs gretig) om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is ... (3:15).

(d)    Geroepenes:  ‘... want hiertoe is julle geroep ...’ (2:21). Wedergeborenes is God se geroepenes.
Die wonder van God se hoë, heilige en heerlike roeping vir élkeen van Sy kinders, is dat Hy hulle nooit dryf of dreig nie, maar die eer aandoen om hulle te roep om na Hom toe te kom en om Christus na te volg. Daarom het Sy herhaalde uitroep, KOM na My toe, soveel dinamiese trefkrag! Petrus het Jesus Christus se KOM die eerste keer gehoor toe Jesus gesê het, kom agter My aan en Ek sal julle vissers van mense maak! Daarom dat hy met gesag die 5 kante van God se roeping aan ons kan voorstel! Mag wedergebore mense dit maar ignoreer as God hulle roep?

(1)   Die roeping uit onkunde van vroeëre eie begeerlikheid, tot heiligmaking (1:14-16)
(2)   Die roeping uit die duisternis tot Sy wonderbare lig ... om te verkondig! (2:9).
(3)   Die roeping om Sy voorbeeld ... Sy voetstappe na te volg (2:21,22).
(4)   Die roeping om liewer te seën as om onreg te vergeld (3:9).  
(5)   Die roeping tot Sy ewige heerlikheid (5:10).
1.  God se roeping tot toewyding, of heiligmaking

Dit is die eerste op die lys en is by verre die duidelikste gevolg of vrug van ʼn egte wedergeboorte (1Tes.4:7). Dit is die wonder van ʼn goddelike, nuwe skepping (2 Kor.5:17). Dit is die ontvang van die goddelike natuur of geaardheid in my menslike natuur (2 Pet.1:4), die opwekking uit die dood van sonde deur Jesus se opstanding uit die graf. Hy leef nou in jou hart en saam met Hom ‘sit’ jy in hemelse plekke, in Christus (Ef. 2:1-6). Dis ook die ontvang van die gawe van die Heilige Gees (Hand.2:38,39) as die ‘Eregas’ in my lewe. Die wedergeboorte is ʼn radikale, nuwe skepping van God en maak van my ʼn unieke wese – nie meer net ʼn skepsel van God nie, maar ʼn kind van God, met Sy aard en gesindheid – een wat Hom liefhet.

Die apostel Petrus stel heiligmaking dus hier (1:14-16) aan ons voor as:
1)   ʼn voorskrif: ‘omdat daar geskrywe is ...’ ;
2)   ʼn voorbeeld:  ‘soos Hy wat julle geroep het heilig is ...’ en
3)  ʼn voorsiening - God se wonderbare, voldoende voorsiening deur Christus se diepreinigende en kosbare
- 7 –

bloed: ‘omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is nie ... maar deur die kosbare bloed van Christus ...’  Hier die 2de ‘kosbare’ iets van die 5 kosbare dinge in Petrus se 2 briewe.   
Deur die offer van Sy kosbare bloed bewerk Hy ons diepste reiniging van alle sonde (1Joh.1:7,9), tot by ons gewete, van dooie werke (Heb.9:14) en verwag Hy ons opregte dankbaarheid en blymoedige samewerking.
Wedergeboorte is egter maar die begin van heiligmaking, waardeur daar dan effektief met die mag en die  smet/besoedeling van sonde afgehandel moet word. Jou egte wedergeboorte moet jou noodwendig lei tot heiligmaking, tot ʼn skoon en oorwinnende lewenswandel voor mense (2:12) tot gelykvormigheid aan die beeld van Christus in die alledaagse praktiese lewe, deur die krag en volheid van die vervulling met die Heilige Gees (Rom.8:29). Dit is vandag die belangrikste, noodsaaklikste en dringendste behoefte van die Christendom en die kerk. Daarsonder sal die wêreld nooit gewen en die Satan nooit oorwin word nie!

Die Skrif is vol van die woord heilig en heiligmaking. Die volle betekenis daarvan word goed weergegee in die Amplified Bible wat by die begrip van afsonder, die waarheid van reinig byvoeg en by die begrip van toewy, kom ook die waarheid van, volkome oorgawe.  Ook in die 1983 Vertaling wat die woord heilig of heiligmaking dikwels net met toewyding vervang het, is tog ook al drie die kernbegrippe van heiligmaking, as volg - afsondering Heb.10:10,14; reiniging Heb.13:12; 1 Joh.1:7,9  en toewyding 1 Tes.5:23.  

·    Tot elke ongeredde roep God, in die woorde van Jesus self, in Mark.1:15 : “Bekeer julle ... want die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom ...” Maar aan elke geredde beveel God die seën van heiligmaking - “wees heilig, want Ek is heilig!” (1Pet.1:12,14). ‘Heilig’ is ʼn unieke woord, totaal onbekend en in onbruik by die wêreld – ʼn woord wat net inpas by die taal van die Christen en sy manier van lewe.
·    Wanneer Christus vir die wêreld bid terwyl Hy aan die kruis sterf, sê Hy: “Reken hulle hierdie sonde nie toe nie” maar wanneer Hy vir Sy dissipels bid, bid Hy vir hulle heiligmaking: Joh.17:17,19 - let op die klem - “sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” In Ef.4:24 lees ons, ‘dat julle jul met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid’. Alles wat nie eg is nie, maar vals, soos die vals bruilofskleed (Mat.22:12) of die lampe sonder olie, sal nooit die mas opkom of die toets kan staan nie! Vir die ware wedergebore kind van God is dit ʼn ontsettend belangrike saak, want ... “Die Bruilof van die Lam het gekom (dit kom verséker!!!) en sy bruid het haar gereedgemaak ... en aan  haar is gegee om beklee te wees met rein en blink fyn linne ... die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges” (Op.19:8). ‘Regverdige dade’ is nie net ‘basaarkoekies’ nie! Dit is só ʼn egte, lewende geloof in God se volmaakte plan en werk van verlossing, dat Hy jou dit tot geregtigheid (toe)reken (Abr. Gen.15 en Rom.4:3) en só ʼn absolute gehoorsaamheid én oorgawe aan Hom, dat Hy dit ook kan toepas tot die hoogste toets van die liefde se werke (Jak.2:21). ‘Soos Hy wat julle geroep het, heilig is ... só ...’ Hier is God se standaard en bevel! Nie soos ander, of soos mense jou anders mag leer, of soos wat jy self dink dit moet wees nie, maar soos Hy ...
·    In hierdie verband, die welbekende Ef.5:25-27: Let noukeurig op die woorde - liefgehad ... oorgegee (ook Ef.1:2) “... om dit (die gemeente) te heilig (afgesonder en toegewy) ... nadat Hy dit gereinig het  ... sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel ... verheerlik ... sonder vlek of rimpel, of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.” Let op die baie belangrike woord wat 2 keer voorkom - ‘heilig’.  Sy gemeente moet heilig wees want Hý, as die Bruidegom is heilig; Sy woonplek is heilig (‘daar sal niks inkom wat onrein is en wat gruwelikheid en leuens doen nie’); Sy Woord is heilig en sy Gees deur wie se werking Hy ons heilig maak, is die ‘Heilige’ Gees (2 Tes.2:13: “God wat ons van die begin af verkies het tot saligheid in die heiligmaking van die Gees”.  1 Pet.1:2  - ‘uitverkore ... in die heiligmaking van die Gees’)
·    Alles goed en wel ... en mooi! Maar sit ons miskien net hier met ʼn ontsaglike probleem? As die woord “heilig” en “heiligmaking” vir Christene die mooiste en kosbaarste woord, en die begeerlikste ondervinding behoort te wees, want die Woord is daarvan vol en praat daarvan as die ‘skoonheid van heiligheid’ (Ps.29:2 ‘the beauty of holiness’), wáárom vrees sommige dit dan asof dit iets is wat gevaarlik en uit die bose is? Heiligmaking spel dan ook vir ons God se wil en voorsiening - en by dit alles - Sy allerbeste en hoogste doel so perfek uit, om ons waardig te maak, toe te rus en gelukkig en triomferend te maak. Dit sal ons grootste flater wees om dit te vermy, te verwaarloos of te vrees, asof dit ’n dodelik aansteeklike siekte is! In die konteks van ons teks in 1Pet.1:14-16, is die werkwoorde ‘moet wees’ en ‘wees’ juis in die bevelende wys! God sal in hierdie opsig geen traagheid, onwilligheid of ongehoorsaamheid duld nie! Christus dwing niemand om Sy dissipel te wees nie, maar ‘as’ die dissipel besluit en dit gekies het, dan ‘moet’ hy sy kruis opneem en Hom volg en gehoorsaam! Weer eens staan die Christen dus hier voor ʼn keuse ... Elke belangrike
·    - 8 –
·    keuse van gehoorsaamheid aan God se wil, bring ons keer op keer by keuses wat sal bepaal of ons daar sal vashaak en terug gly, of vry raak van elke las en van sonde, en vir Christus van naby volg. Maar hierdie keuse van dissipelskap, omdat dit ook ʼn daad van volkome oorgawe vereis, is nie ʼn proses van probeer of werke nie maar een van oorgawe en geloof, daarom die één groot en belangrike krisis ná jou wedergeboorte!
·    Die 4 redes waarom sommige Christene dit vermy en moontlik selfs probeer verwerp is:
·    1.  Die eerste is seker die mees algemene nl., dat die meeste Christene NIE kan glo dat God sy ware wedergebore kind só kan reinig en bekragtig dat hy/sy ʼn heilige, oorwinnende lewe tot eer van God kan uitleef nie – weg van die ‘val en opstaan’ verskoning wat so graag sê, ‘God vergewe mos maar altyd weer en geen mens is mos volmaak nie’! Daarom ignoreer of verwerp hulle God se roeping tot heiligmaking.
·    Tog sê die Skrif, die bloed van Jesus Christus reinig ons van ALLE sonde en van ALLE ongeregtigheid (1Joh.1:7,9). Ook dat die Christen in die lig kan en mag wandel soos Hý in die lig is en dat God ons dan van struikeling kan en sal bewaar (Judas v.24) – om maar net enkele tekste aan te haal! Van die beste dinge wat God vir Sy kind kan sê is, ‘Ek is met jou ... Ek sal vir jou ʼn God wees en jy sal vir my ʼn volk wees ... omdat Hý (die Heilige Gees) by julle sal bly en IN julle sal wees ...!’ Elkeen wat dit glo, skep moed en leef dan deur Sy krag, heilig en oorwinnend! Om heilig te kan leef is inderdaad die grootste en betroubaarste soort ‘krag’.
·    Dit sal ook dwaas wees om die woord “volmaaktheid” te vrees omdat God nooit absolute, Adamiese-, engele- of goddelike volmaaktheid voorskryf, of dit van ons eis nie. Die Bybel praat slegs van Christelike volmaaktheid  ... m.a.w. ... Christelike volwassenheid of, die volwassenheid van ʼn ‘volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus’ (Ef.4:12-14). ‘Christelike Volwassenheid’ is belangrik, want dit het te doen met die volwasse status van die ‘Huios’ kind wat sy erfenis deur die geloof kan opeis en in besit neem (Gal.4:5-7). Nog ʼn praktiese bewys van die soort heiligmaking wat God se kind vry en vrugbaar maak.
·    Wanneer die Skrif ons vermaan en sê, ‘laat ons dan na die volmaaktheid voortgaan’ praat dit van “Christelike volmaaktheid” en dan moet daarop gelet word in watter konteks en betekenis die Skrif die woord ‘volmaak’ gebruik. So byvoorbeeld, in die konteks van Fil.3:12 dui dit op finaliteit by die eindproduk, by Fil.3:15 op geestelike volwassenheid na die mate van lig, middele en geleenthede wat jy geniet het. En in verband met die begrip - kwaliteit of geskiktheid - word die werkwoord katartizo gebruik wat ʼn baie sterk voltooide handeling aandui. Dit beteken om toegerus te wees, soos soldate vir die oorlog of heelgemaak en daarom geskik vir diens, soos die heelmaak van die nette in Matteüs 4:21. Let asseblief op die tekste en konteks waar díé woord, katartizo (thoroughly complete, fit, frame, mend, repair, perfect) gebruik word (2 Korintiërs 13:11; 1 Tes. 3:10; Hebreërs 13:21; Lukas 6:40). Raadpleeg ook asseblief bl.13 en 14 van die boek, “Oorwinnaars met ons Koning”.
·    2.  Nog ’n rede waarom Christene God se roeping tot heiligmaking vermy en selfs weerstaan, is omdat hulle vrees dat dit hulle te veel sal kos (en dit sál jou en my beslis nie ‘iets’ nie, maar ALLES kos wat Christus mag vra)! Daar is dikwels nog té veel afgode en geliefde gode - dinge wat ons liefhet en nog WIL gaan doen, wat hinder! Sommige is selfs gewillig om van die lelike neigings, drange, gesindhede en gewoontes verlos te word en selfs van die smet van ‘inwonende sonde’  ‘gewas en gereinig’ te word, want om ‘gewas’ te word klink so mooi en so maklik, maar hulle deins terug van die kruis wat die dood van ons ‘oue mens’ met sy afskuwelike selfsug, verkeerde motiewe en ‘begeerlikhede’ vereis! Die laaste van die 10 gebooie was die een wat Israel en alle sondaars aaneen oortree. Maar Christus Jesus kan en sal vir jou en my daadwerklik verlos wanneer ons reinig, heilig en met Sy Gees vervul!
·    3.  ’n Derde rede - en dit is miskien die vernaamste waarom Christene God se roeping en bevel tot heiligmaking vermy - is dat dit ook ’n oorgawe behels – ʼn oorgawe wat ’n afteken van die REG op jouself, jou eie soewereiniteit vereis. Net dít, is wat die mens tot die allerlaaste sal wil vashou en uithou! Hy wil onafhanklik, sy ‘eie baas’ wees (dis vroeg reeds in elke mens, maar veral duidelik in die tiener tyd. As dit nie dáár betyds in veilige Hande oorgegee word nie, sal dit al hoe dieper wortel skiet). Die selfstandige, onafhanklike mens wil ten alle koste hierdie reg op homself behou!  God sal nooit jou reg om keuses te maak van jou wegneem nie, maar die daad van afteken van jou reg op jouself aan Hóm, is jou identifikasie kaart dat jy deur volkome oorgawe doelbewus, daadwerklik, bewustelik, vrywillig en beslis, Sy dissipel en dienskneg (‘doulos’) geword het. Vir die Christen wat hierdie volle oorgawe moet maak, is die stryd intens - “Here, ek gee oor ... alles ... maar net nie daardie één ding nie ... moet net nie dít van my vra nie!” Dit terwyl Hy Homself vir ons ‘oorgegee’ het (Ef.5:2,25) en die Vader Hom ook aan oorgegee’ het (Rom.8:32)! Is dit daardie hoogmoed en trots wat te bang is dat dit te veel sal kos, jou eer sal aantas, dat mense jou sal verag as jy doelbewus KIES om by die Kruis bankrot te speel, wat hinder?  Hoekom is hierdie afteken van die REG op jouself die belangrikste vereiste om “in waarheid geheilig” te word, of “ware geregtigheid en
·    - 9 -
·    heiligheid” prakties uit te leef? Omdat die SELFLEWE wat altyd die swaard van die Kruis vermy en self en die voorwaardes wil stel – altyd - soos die ongehoorsame Saul, toe hy vir hom ʼn ‘Agab’ vir sy eie reklame doeleindes gespaar het, net aan homself wil dink en in sy eie belang wil optree. Maar Samuel het anders gedink en dadelik en gewelddadig met ‘Agab’ die Amalekiet, as ʼn tipe van inwonende sonde, afgereken! Soos die leeu wat brul vir sy gebied en die bees wat stoot vir sy kraal, die slang wat met dodelike gif hom oprig om sy lêplek te verdedig, só sal die SELFLEWE NOOIT die ‘lam’ gesindheid wil laat heers nie! Maar die Lam van God sal ook nooit die troon van ons hart met enige ou opgeblase, eiegeregtige en hoogmoedige ‘self’ wil deel nie!  Sal jy toelaat dat jou wettige ‘ander Heerser’ - die Heilige Gees - oorneem en héérs? Dat Hý díé Heerser word wat vir Jesus in en vir jou ’n werklikheid maak, Hóm verheerlik en sy beeld en gesindheid in jou vorm? Anders sal Hy jou NOOIT - soos Jesus - na Sý beeld kan verander nie!
·    4. ʼn Vierde rede waarom Christene God se roeping en bevel tot heiligmaking verpas, is onkunde. Dit is nie ‘groei tot in heiligmaking’ nie, maar éérs sê God, ‘wees heilig’! Eers ʼn krisis ... ʼn wilskeuse van gehoorsaamheid aan ʼn daad of stap van geloof en volkome oorgawe aan God, en dan van God se kant - reiniging, vrymaking en Geesvervulling. Dan eers kan die proses volg van ʼn lewenslange gesonde groei in gelykvormigwording aan die beeld van Sy Seun!
·    Geesvervulling: Die groot krisis van heiligmaking ná jou wedergeboorte het 2 kante: Die negatiewe deel – van die mens se kant – is die krisis van gehoorsaamheid in die stap/daad van geloof en volkome en onvoorwaardelike oorgawe by God se altaar. Van God se kant is dit die skepping van ʼn rein hart, of die kruisiging van ons ‘oue mens’. Maar van God se kant is daar ook die positiewe deel – die vervulling met die Heilige Gees. Dit alles doen God vir elkeen wat daarvoor gewillig en ryp is, dit verstaan en die ‘lig’ wat deurbreek (ná ʼn sterk begeerte en soeke) verwelkom deur vertroue en geloof in die reinigende krag vd bloed (1Joh.1:7,9) van Jesus en die vrymakende krag van Sy kruis (Rom.6:6). Wanneer God dit vir jou doen en jy dit aanvaar, vind Geesvervulling plaas op grond van geloof in God se belofte (Luk.11:9-13; Hand.2:39).
·    Geesvervulling is ʼn bevel aan elke kind van God wat reeds met die Gees verseël is (vgl. Ef.1:13 met 5:18). Anders as die eenmalige en meer dramatiese ondervinding van ‘doping’ met die Heilige Gees en met vuur wat met sonde afhandel en Sy getuies bekragtig, of die daaglikse teer, heilige en geurige ‘salwing’ met die Heilige Gees en met krag, in die afwesigheid van sonde, soos in die geval van Jesus self (Hand.10: Luk.), dui ‘Geesvervulling’ op aanvanklike én herhaalde vernuwing en voldoende toerusting soos dit nodig mag wees met krag, geloof en vrymoedigheid vir elke uitdaging en taak, of selfs dapperheid in gevare wat ons mag bedreig. Geesvervulling vereis éérs die leeg maak van alle eie krag en dan volg die ‘vol maak’ tot al die volheid van die verrese Christus wat in ons woon. ‘Want in Hóm woon al die volheid van God liggaamlik; en julle hét die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag’ (Kol.2:9,10). Is dit wel so?
·    Dr. Andrew Murray het gesê, dit wat ons vir God gee, neem Hy. Dit wat Hy neem, reinig Hy met die bloed van Jesus. Dit wat Hy reinig, vul Hy en wat Hy met Sy Gees vervul, dit gebruik Hy. Die Heilige Gees vervul sy tempel met heerlikheid - tot lof van Sy (Christus) se heerlikheid ... en die enigste en betroubaarste bewys vir ander, dat jy wel Geesvervuld is - is wanneer hulle vir Jesus Christus in jou lewe kan sien! (Rom.8:29). Die enigste en betroubaarste bewys vir jouself, is wanneer jy ootmoedig bewus is van jou afhanklikheid van God alleen.
Om heiligmaking na te jaag beteken dat jy as kind van God dit met jou hele hart, siel en wese moet soek en God toelaat om dit vir jou te doen (1 Tes.5:23,24). “Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is albei uit Een, om hierdie rede skaam God Hom nie om húlle God genoem te word nie” en, “maar Hy (tugtig ons) tot ons beswil, sodat hy SY heiligheid kan deelagtig word” (Heb.2:11; 12:10). Die een groot rede waarom die meeste Christene NOOIT heiligmaking verstaan, aanvaar en ondervind nie, is omdat hulle onder die waan verkeer dat ʼn mens maar lewenslank daarin moet ‘groei’ of daar moet ‘ingroei’ sonder om ooit die waarheid van die krisis van geloof en volkome oorgawe raak te sien.
Om dit na te jaag beteken NIE dat jy daarin kan ‘ingroei’ nie, want groei het slegs te doen met kwantiteit, nie met kwaliteit nie. So kan ’n bok nie ’n skaap word deur te ‘groei’ nie - hy word net ’n groter bok!     
Petrus noem self vir ons die volgende bewyse – die vrug van heiligmaking – hoe dit prakties uitwerk:
1)  Ons siele, deur gehoorsaamheid aan die waarheid, (negatief) gereinig tot (positief) ongeveinsde broederliefde ... en nog verder (positief) vervul met vurige liefde uit ʼn rein hart (1:22). (Ps.62:4)
2)  Die aflê van ALLE boosheid en ALLE bedrog en geveinsdheid en afguns en ALLE kwaadpratery (2:1).
3)  Die vrywillige ‘kom’ na Hóm, die uitverkore en kosbare Hoeksteen (derde ‘kosbare’ in die brief) om
- 10 -
·    self ook, soos lewende stene, saam met die Hoeksteen opgebou en verenig te word tot ʼn geestelike huis, ʼn heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan Hom welgevallig is deur Jesus Christus (2:4-8).  “KYK, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare HOEKSTEEN ...lewende ... uitverkore ...kosbare” Hoeksteen beskryf wat Hy doen! Jesaja (28:16) “grondsteen” - laagste, maar eerste, vernaamste; lê reg, kan volle gewig van God se Tempel dra. Hierdie “Fondamentsteen” is Jesus Christus! (1 Kor.3:10,11).
Sonder hierdie “Steen” op Sy plek, geen “gebou” hoop om staande te bly nie. Hy wat so maklik deur “bouers!” verwerp IS, is die enigste onfeilbare “Fondamentsteen” teen storms! Maar ...
Sonder die meetsnoer, skietlood en waterpas as riglyne by hierdie ‘Steen’; Sy woorde, voorbeeld en gesindheid in die Skrif, is alle mure ook krom en skeef! God waarsku: elkeen moet oppas hoe hy daarop bou! Maak seker jy BOU “volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is” (Ek.25:40).
Sonder die eerbied en agting vir God se kosbare Hoeksteen, het Jesus self gesê, verag en verwerp die ‘bouers’ Hom Wie God uitverkies het! Deur teen Hom te “stamp”, verpletter hulle hulleself, “maar (God sê) élkeen op wie Hý (dan) VAL, dié sal Hý vermorsel! (Mat.21:44)! God se woede!
Terwyl alles voor ons oë wankel, verkrummel (Heb 12:27,28), is die enigste onwankelbare stad, dié stad wat “fondamente” het, waarvan God die boumeester en oprigter is (Heb.11:10). ‘Onthulling’ vd Hoeksteen 1Ko.1:7; 2Th.1:7 Maria – Rabboenie & Thomas – my Here en my God! Vd ‘kinders van God’ Ro.8:19; Ga.1:16. Geheim tot die end - 1 Joh.3:2; Jes.54:11 - ‘jou stene in sierklei ...’
Die ‘LIG’ vd Nuwe Jerusalem nie vd son of maan, maar “die Lam is sy lamp.” Hý sal die heerlikheid van goddelike LIG uitstraal “soos ‘n baie kosbare steen”; soos die kristalhelder Jaspissteen (Op.21:23,11). Daarom, “Kom na Hom toe ...” (v.4) en “laat julle ook soos lewende stene opbou ...” Neem jou plek in by God se muur, sierpilaar! Selfs die ‘klippe’ deur Sý wonderwerkende genade en krag “uit die grondhope” lewendig gemaak (Neh.4:2b) sal volmaak by die “Hoeksteen” inpas! (Dat dit daar ‘bo’ perfek kan inpas, kap ek dit hier onder reg; Festus: “Hulle het ALLES gevat, maar die goud het hulle gelos!”)

4)  Ons lewenswandel skoon onder die heidene – soos bywoners en vreemdelinge (2:11,12).
5)  Onderdanig -  aan elke menslike verordening – ‘as vrymense ... maar as diensknegte van God (2:13-17); en met die baie kosbare gesindheid (4de ‘kosbare’ in Sendbrief) wat dikwels gekry word by geheiligde vroue, waardeur hulle hul mans sonder woorde (of preke!) kan win.
2.   God se roeping uit die duisternis tot Sy wonderbare lig (2:9).
Hierdie roeping vir ons - uit die duisternis tot Sy wonderbare lig - omsluit DRIE hoofgedagtes:
Sy roeping tot sondaars uit hul sonde verlorenheid en duisternis, tot Sy wonderbare lig.
Sy roeping tot verlostes ... om te verkondig ... die deugde van Hom wat ons geroep het.
Sy roeping tot ʼn bevoorregte, uitverkore geslag; hulle verheffing tot die van ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk en ʼn volk as eiendom verkry – Sýne!) ... met ʼn duidelike opdrag.
2.1    Sy roeping van sondaars uit hul duisternis, tot Sy wonderbare lig:  ‘Laat daar LIG wees ...!’ is die eerste groot magwoord wat die Almagtige gespreek en beveel het op Sy eerste skeppingsdag, toe Hy ook skeiding gemaak het tussen ‘dié lig’ en ‘dié duisternis’ (Ge.1:3), ‘Die LIG’ wat Hy op die eerste dag gespreek en beveel het, het vóór dit reeds in Hom wat ontoeganklike lig bewoon bestaan; nog voordat Hy eers op die 4de dag die twee groot ligte, die son en maan, ‘gemaak’ het (Gen 1:16).
Die Satan se hoof teiken was die kroon van God se skepping! Volgens Kol.1:13 het hy die mens met die “mag van duisternis” oorweldig, hom verblind en in kettings van duisternis geknel. Gevolglik IS elke mens alreeds by geboorte geestelik blind (sonder lig) en geestelik dood (sonder Ewige Lewe)! In Joh.1:4 word LIG en LEWE direk verbind: “Die lewe was die lig vd mense...”. In vers 5 bots die LIG en die duisternis direk met mekaar. “En die lig skyn (helder) in die duisternis, en die duisternis het dit NIE oorweldig nie (aoristus tyd –krisis van die kruis).” Die werkwoord hier, is in die Griekse Aoristus tyd geskryf wat dui op die krisis van die Kruis en die volmaakte oorwinning deur die opstanding van Jesus. Dit was toe die vors van duisternis se hewigste aanslag teen die ‘waaragtige Lig’ van God – Jesus Christus - sy hoogtepunt bereik het!
“EK IS die lig van die wêreld ...” was Jesus Christus se eerste van Sy 7 groot “EK IS’ uitroepe in die Evangelie van Johannes. ‘God is lig en géén duisternis is in Hom nie’ (1 Joh.1:5). Trouens, die heel eerste openbaring van God aan die mens, is God as die God van LIG, selfs vóór liefde! Daarom verwag Hy van Sy geheiligde kinders dat hulle in wese en in hul handel en wandel, ware ‘kinders van die lig’ (Joh.12:36; Ef.5:8; 1 Thes.5:5) sal wees. Jesus het self gesê, ‘júlle is die LIG van die wêreld ... laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is verheerlik’ (Mat.5:14,16).
- 11-
Die blindgebore man het geroep: “Een ding wéét ek, ek was blind ... nou sien ek!”  Baie interessant is dit wanneer ons woorde (1 Joh.1:6; 2:9), ons wandel (1 Joh.1:6,7; 2:6; Joh.8:12) en ons werke (Joh 3:19-21: 11:10; 12:35,36,46; 1 Kor 4:5) in die lig kom, deur die LIG geaffekteer en in God se skerp en helder ‘sonlig’, geweeg en getoets word, soveel so, dat dit ‘hilikrinis’ (getoets in die helder sonlig) is, sonder ʼn verborge bars wat dalk met was toegesmeer is (Fil 1:10). Petrus sê dat Hý – Jesus Christus – ons ‘uit die duisternis geroep het tot Sý wonderbare lig’, waarvan Paulus sê – ‘Hy wat ons verlos het uit die mag (ewige boeie - Judas v.6) van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde’ (Kol. 1:12-14). Elkéén wat hierdie roeping van God duidelik gehoor en die voor- en nadele ernstig en nugter oorweeg het, sal wil GRYP na en VLUG na die LIG wat lewe gee! (Die wreedste straf was destyds om in die Kasteel se spreekwoordelike ‘donker gat’ opgesluit te wees!)
·    ‘Kinders van die LIG’ ontvang die waarborg dat “die lig van die môreglans (wat hulle van God ontvang het) al helderder (sal) word tot die volle middag toe.” Die waarborg dat, as hulle Hom, die LIG van die wêreld gevind het en volg, sal hulle “sékerlik nie in duisternis wandel nie!” Ook die versekering dat, as hulle in die lig wandel, soos Hy in die lig is, dan reinig (teenw. tyd - aanhoudend. God doen die reiniging en ons is nie eens bewus daarvan nie. Al waarvan ons bewus is, is dat ons in die lig wandel) die bloed van Christus hulle oomblik na oomblik van ALLE sonde! Vir kinders van die LIG is hulle magtigste wapen teen duisternis, die LIG! “Al die duisternis in die hele wêreld kan nie die lig van één klein kersie uitdoof nie, want ‘die LIG is sterker as die duisternis’” (H.T. de V.). Kinders vd LIG, weerkaats self ook ‘die lig wat lewe gee’ – ʼn spieël praat altyd die waarheid (vals alarm aan bure met ʼn stukkie gebreekte spieël).
·    
2.2    Sy roeping tot verlostes ... om te verkondig ... die deugde van Hom wat ons geroep het.
Watter deugde kan ons miskien al opnoem – dit waarvan ons persoonlik séker gemaak het?  Dit sal ʼn geleentheid bied om self te bepaal hoe ons Hom sien en wat elkeen ons van Hom dink, want dit is juis die beste aanduiding hoe ons teenoor Hom optree en Hom behandel. Om een ding te noem - as ons net wil raaksien hoe Hý óns ‘in Christus’ aansien – ons nooit afkraak nie ... nooit die rokende lamppit uitblus of die geknakte riet verbreek nie. Hoe Hy eerder altyd lééf as Herder om vir ons in die bres te tree, as Heiland om te heel/genees (Jes.61:1,2 ‘bind up the broken hearted’) en as Hersteller om ons weer en weer nuut te maak! Om te sien hoe Hy ons selfs in status verander en stel as Sy kinders – Sy volwasse erfgename en in ʼn lewende, intieme verhouding as Sy broers vir wie Hy Hom nie hoef te skaam nie, en Sy vriende op wie se liefde en lojaliteit Hy altyd kan staatmaak!  (Man wat Indiër bediende op Durban strand in gesig slaan –vra waarom word jy nie kwaad,  draai selfs ander wang – ‘nie vir mý geslaan, maar vir Christus in my’. Man vertrek na Vrystaat, maar kan nie slaap – jaag terug en word gered)
2.3    Sy roeping tot verheffing van ʼn uitverkore (bevoorregte) geslag, ʼn koninklik-priesterlike amp.
ʼn Heilige volk en ʼn volk as eiendom verkry – Sýne! ... met ʼn duidelike opdrag. En 1 Pet.2:9 is seker die één enige en ongelooflike beskrywing van wat God noem: ʼn ‘uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry ...’ En dan die vertroue wat Hy uitspreek, dat Sy eer by ons veilig is, want Hy weet – só ʼn viervoudige, kosbare samestelling sal Sý deugde in hierdie wêreld getrou verkondig, totdat hulle wat in die wêreld is, dit moet glo!  Doen ons dit wel?
ʼn Uitverkore geslag: (As Enkeling net Christus Ps.89:19; Mat.12:18). ‘Hy het ʼn geslag van God gesoek’ (Nooit enkeling, altyd groep Mal.2:15). God soek nie net na skepsels, Hy soek na kinders! God het verlang na ʼn geslag van mense wat Hom vrywillig en sonder enige bymotief sou liefhê, Hom volkome sou vertrou en Christus onvoorwaardelik navolg. Christus is van voor die grondlegging van die wêreld bestem as die Lam, asof alreeds geslag (Op.13:8) en die profeet voorspel dat, as Hy sy siel as skuldoffer aangebied het, sál Hy ʼn nakroos sien (Jes.53:10)! ‘In Christus’ is presies daardie geslag uitverkies en uit Christus is presies daardie soort geslag en nakroos wat God gesoek het, (weer- of opnuut) gebore, Sy kinders met die unieke aard en eienskappe van hulle God en Vader self.  
ʼn Koninklik-priesterlike amp: Reeds in Eks.19:5,6 het God sy volk bedoel en beloof dat, ás hulle Sy verbond hou, die hele nasie ʼn koninkryk van priesters en ʼn heilige nasie sal wees. In hulle onkunde (het nie hul eie onmag besef nie) het hulle onmiddellik daartoe ingestem. Daarom, die oomblik toe Moses sy rug draai, maak hulle (die 39ste dag?) ʼn goue kalf! Dat God wel Sy doel met Sy wedergebore kinders bereik wat Hy self geheilig en ingevoeg het as ‘lewende stene’ in Sy Tempel, word vir ons bewys deur die ere-status – ʼn ‘uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry - wat Petrus aan hierdie veragte vlugtelinge - vreemdelinge in die verstrooiing – en - vreemdelinge en bywoners - en, diensknegte - toesê. Getuienis van ál die verlostes, in Openbaring een vers ses.
- 12 –
ʼn Heilige volk:  ʼn Heilige volk maak deel uit van die hoogste eretitel wat God gee aan die wat Hom vertrou, gehoorsaam en in Hom glo. Heilige mense is nie supermense nie, maar nederige en eenvoudige mense wat meestal stilweg, koersvas, aan Homself toegewy, lewe. Mense wat nie noodwendig al die leerstellings verstaan of kan verklaar nie, maar wat weet hoe om die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God (Rom.12:2,3), prakties uit te leef.  Die vleeslike Christen is altyd ingestel op sensasionele ‘tekens’ en ‘krag’ en praat gedurig daarvan, maar die Geesbeheerde mens is die ‘verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God’.
ʼn Volk as eiendom verkry:  Toe Jesus sy dissipels na Hom geroep het, was dit ‘sodat hulle saam met Hom kon wees’ (Mark.3:14). Vir hierdie doel het God die mens geskape. Vir hierdie doel het Hy hulle opgesoek ná die sondeval. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn – om te soek en red wat verlore was. Vir hierdie doel – ons verlossing – het die Seun van God sy kosbare bloed tot die laaste druppel toe vergiet! Daarom sê Paulus in Galasiërs 5:14: ‘Die wat aan Christus Jesus behoort (kwaliteit), het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig’. ‘Ons wat die sonde afgesterf het’ (Rom.6:2), mag verséker volkome aan Hom, as sy kosbaarste besitting, behoort! (‘Ék het tog alles van Pappa ... Páppa het tog alles van my!)
3.   God se roeping om Christus se voorbeeld ... ‘Sy voetstappe’ ... na te volg (2:21,22).

Daar is ʼn groot verskil tussen blote gerieflike/gemaklike Christenskap, en ware dissipelskap. Ook tussen navolg waar alle motivering en krag spontaan uit die bron van jou binneste voortvloei, en na-aap wat uiterlik alles reg doen deur streng dissipline en wettiese werke, sonder die één allesoorheersende, noodsaaklike motivering - die van vuurwarm liefde vir die Een wat voor jou uit loop en sê: ‘Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld ... gaan dan en verkondig die Evangelie ...!  Hierdie woorde is Sy laaste, groot opdrag aan élke ware dissipel! Elkeen wat kon, maar NIE gegaan het nie, sal ʼn baie goeie verskoning moet hê voor die Regterstoel van God!!! (Ervare seeredder aan jong rekruut wat vrees en bewe vir die hoë golwe toe drenkelinge gered moet word: ‘dit is nie ʼn saak van wat met óns sal gebeur as ons gaan om lewes te red nie, maar wat sal gebeur as ons NIE gaan nie!)
·    
Alle weergebore mense is wel Christene, maar alle Christene is nie gewillig vir die offers, dissipline en toewyding van ʼn dissipel nie. Hulle ontbeer die ontsettende voorreg en die ware doel van dissipelskap - ‘om saam met Hóm te wees’! Die Here Jesus sê, ‘as iemand My dissipel (navolger, leerling) wil wees, (dan) moet hy homself verloën, sy kruis elke dag opneem en My volg’. Nog iets wat ons moet ‘opneem’ om by Hóm in en aan te pas, is Sý juk! Sý juk wat sag is en Sy las wat lig is, waar jy 2 vakke leer totdat jy in die eksamen slaag – nederig en sagmoedig van hart ... en jóú kruis wat die pyn is van die prys om die plek van ʼn ware dissipel agter Christus in te neem! Want ás ons as ‘n Christen ly, moet ons ook sóós ‘n ware Christen ly wat die Naam van Christus dra.  Ons is geroep om in Jesus se ‘voetstappe’ te volg ... letterlik daarin te ‘trap’ ... daar waar die spore nog vars en duidelik voor ons lê. As ons ‘oorgegee’ het ... nie noodwendig tydens ʼn ekstatiese, emosionele ‘besluit’ wat ons heel waarskynlik weer sal terug trek nie!
·    
En as ons goed doen en as gevolg daarvan ly – dit te verdra – soos Hý! Selfs as dit tugtiging is wat van God af kom - wat Hý toelaat ‘sodat ons Sý heiligheid kan deelagtig word – dat ons dit nie gering sal ag of daaronder beswyk nie, maar dit verdra! (Heb.12). As mense ons nie bedank nie, oor die hoof sien, ons vergeet; van ons kwaadpraat, selfs beledig, ons uitskop, veronreg – word óns nog altyd geroep om dit alles, soos Jesus, oor te gee. Hy wat géén sonde gedoen het nie en in Wie se mond daar géén bedrog gevind is nie het, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel nie maar – dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel ...” Bedags was Hy uitgeskel, maar snags het Hy dit, dikwels alleen op die berg, aan Sy Vader gaan oorgee, dit in Sý hande oorgelaat. Verse 21 tot 23 stel dit duidelik dat ons, in al ons reaksies op lyding volgens die wil van God, ons geroepe is met ʼn heilige roeping om die Here Jesus se voorbeeld ... letterlik Sy voetstappe wat Hy vir ons oopgetrap het, na te volg – nie na te aap nie. Dít sal nooit werk nie!

·    God se doel is nie om ons van lyding te vrywaar nie, maar daarin sterk te maak, daardeur mooi maak en as gevolg daarvan, simpatiek en vol deernis te maak - soos Jesus! Vir die vleeslike mens gaan dit daarom dat God hóm nou reeds in alles gelukkig moet maak, maar vir die Geesvervulde mens gaan dit daarom, dat God hom heilig moet maak - Sý dissipel moet maak, sodat hy vir Gód gelukkig kan maak. Slegs dan kan God ons gebruik en ons met Sy krag vertrou. Sy hoogste, suiwerste en doeltreffendste krag word die veiligste vertoon, nie deur wonderwerke nie, maar deur ʼn heilige lewe! Sy krag kan nooit van Homself geskei word nie, net asof Hy dit, los van Homself, vir óns inpomp!  Sý krag word in óns swakheid volbring slegs na die mate waarin die verrese Christus self in Sy volheid in ons woon en regeer! Slegs dan kan ons Sý blywende vrede,       
·    - 13 –
·    Sý diep innerlike vreugde en Sý egte liefde uitstraal en die reddende Evangelie suiwer uitdra. Om sekuur in Sy vars spore te trap, beteken om naby Hom te wees en naby Hom te leef. In die konteks van verse 18-25 praat Petrus juis met mense wat onregverdig ly, selfs as hulle goed doen, wat bewys dat hulle ‘bywoners en vreemdelinge’ (1Pet.2:11) in die wêreld is en daarom gehaat/vervolg word terwille van Sy Naam. Voorbeelde daarvan is legio in die O.T. en in die N.T. soos met Sy dissipels na Pinkster.
·    
4.   Die roeping om liewer te seën as om onreg te vergeld (3:9).
·    
In vervolging word ons GEROEP om ter wille van Christus te ly; dit nie net passief te verdra nie, maar aktief en positief ons vyande te seën, sodat ons ook “seën kan beërwe”. God sien die een raak wat ander, en selfs sy vyand, sal seën en hom nie vervloek of vir onreg vergeld nie, hom dit selfs nie toewens nie! Absoluut géén bitterheid ... vergifnis selfs voordat skuldige daarvoor mag vra ... en ‘doen goed aan jou vyand ...!’ Jesus het nooit, in die minste ‘bitter’ geword nie!  Hy het eerder terwyl Hy aan die Kruis hang, herhaaldelik vir Sy vyande gebid vir vergifnis, soos die teenwoordige tyd van die werkwoord in daardie sin aandui ... met die mees dramatiese gevolge! Daardeur het Jesus sy volgelinge geleer om dieselfde te doen en altyd het dit die mees dramatiese gevolge, soos in die geval van Stéfanus toe hy gestenig is terwyl Saulus gesien het hóé hy sterf en ook gehoor het hóé hy bid! Die bloed van martelare was nog altyd die vrugbaarste saad van die kerk. (Dronk man wat bord kos – die beste wat sy vrou in ʼn dronkmans huis kon berei – teen die muur gooi en uitroep: ‘Noem jy dít kos’? Sy het geantwoord: ‘Ek het my bes gedoen met wat ek het, maar volgende keer sal ek probeer om beter te doen!’ Hierdie man het hom nugter geskrik en uitgeroep: jy word nie eens kwaad nie! Op sy aangesig geval, en tot God om genade geroep!).
·    
Eers het Nasaret, daarná die skares, toe Jesus se eie familie en uiteindelik Sy eie dissipels ... hulle almal Hom verlaat – maar toe gaan Hy alleen, elke keer ‘ʼn bietjie (entjie) verder’ (Mark.14:32) ... tot buitekant die laer, om óns smaad te dra (He.13:13); terwyl dit juis die skerp snykant van smaad was wat Sý sensitiewe hart gebreek het (Ps.69:20,21)! Smaad, veragting en verwerping, dikwels deur jou eie en veral deur diegene of iemand wat jý opreg en innig liefhet, veroorsaak seerder wonde in ʼn sensitiewe hart, as fisiese marteling van die liggaam. Hoe ons op só ʼn behandeling reageer, sal bepaal of God óns tot kanale van seën kan maak, selfs vir ons vyande wat deur niks anders bereik of gebreek kan word nie, om hulle daardeur te gryp, te arresteer en hulle ook Sy vriende te maak. (Evangelis in Mosambiek wie se voete bloei deur die slae van ʼn Kommunis. Toe hy nie laster nie en stil is, breek dit die harde wreedaard se hart en lei die evangelis hom na Christus. En wat maak dit saak as ons voete soms moet bloei as ons in Sy voetspore trap om siele te wen?).

5.   Die roeping tot Sy ewige heerlikheid (5:10).

Die God van heerlikheid (Hand.7:2) ... die Gees van heerlikheid ... (1Pet.4:14) en ... die Vader van die heerlikheid (Efes.1:17) openbaar Sy heerlikheid aan mense deur Christus Jesus toe Hy, as die Seun van God, Homsélf verneder het tot die gestalte van ʼn dienskneg. ʼn Dienskneg wat waarlik God was, wat nie gekom het om gedien te word nie, maar wat gekom het om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie. ʼn Dienskneg wat gekom het om te soek en te red wat verlore was ... wat by dissipels se sinkende skuit ingeklim het. ʼn Dienskneg wat aan Sy menslike ouers onderdanig en aan Sy Vader gehoorsaam geword het; gehoorsaam tot die dood, JA! die dood van die kruis! Sy hoogste heerlikheid toe Hy selfs sy dissipels se voete gewas en hulle begroet het met, ‘vrede vir julle’ nadat hulle almal Hom verlaat en Petrus Hom verloën het. Aan die wat met hulle visvang misluk het, het die ‘Dienskneg’ ʼn ontbyt van geurig gebakte vis op die strand bedien en bewys dat Hý vir Sy ware geroepenes sal sorg! Elke keer: Openbaring van God se heerlikheid ... herlewing!
·    
·    God wil ons van gedaante verander na dieselfde beeld ... van heerlikheid tot heerlikheid ... (2 Kor.3:18; 2 Kor.3:10; 4:17). God se verlossing begin as Hy my uit die duisternis roep tot Sy wonderbare lig (1Pet.2:9) en ek verander wanneer Hy my uit die mag van die duisternis vrymaak en oorplaas in die koninkryk van die Seun van sy liefde (Kol.1:13) –want Hy my wek op uit geestelike dood tot ewige lewe – en maak my nuut en ʼn deelgenoot van Sý eie goddelike natuur (2 Pet.1:4). Dan is ek Sý eie, weer gebore, uit God gebore kind.
·    God se verlossing gaan voort as Hy my uit my geestelike mislukking oproep tot heiligheid – en ek verander as Hy my heilig en rein maak - soos Jesus - en gelykvormig maak aan die beeld, met dieselfde gesindheid van Christus (Fil.2:7-9). Om geroep te wees tot Sy ewige heerlikheid, beteken nie dat ek moet sit en wag vir my vlerkies of kroon, of ʼn hemelse paleis met al die modernste geriewe, en engele om my te bedien óf dat ek vryelik kan skaats op die goue strate van die Nuwe Jerusalem nie! Duisend maal NEE!!! Besef jy en ek dan nie, dat ons nou reeds geroep is tot die ‘hoër diens’ van onse God op hierdie aarde nie?
·    - 14 -
·    Geroep tot bevordering deur God self, wat ons verander het van: ‘Slawe tot vryheid ... die broeders tot heiligheid (vir wie Hy nie skaam is nie) ... en, die kinders tot heiligheid’ (Heb.2) sodat ek en jy reeds hier en nou met ʼn heilige roeping aan ander mense daardie ‘iets’ van God se hoogste heerlikheid kan toon. En God se verlossing gaan steeds voort as Hy my uiteindelik uit my verganklikheid roep tot onverganklikheid en selfs my liggaam verander om dit gelyk te stel aan Sý verheerlikte liggaam (Fil.3:21). God se verlossing bereik dan die hoogtepunt wanneer Hy my gelyk maak aan my hemelse Bruidegom -- wanneer ‘ons aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is’  (1 Joh.3:1-3; Op.22).
·    Elke mens is dwarsdeur sy lewe – tot in die gryse ouderdom - besig om te verander. God het nie die mens geskape om rigied te wees en soos ʼn standbeeld in een vorm gegiet te bly nie, maar om aanpasbaar, rekbaar, veranderbaar te wees. Die Christen se verandering is óf tot verdieping, óf tot vervlakking; óf tot versterking, óf tot verswakking; óf tot vertedering, óf tot verharding.  Paulus stel die verskil skerp en duidelik deur 2 keer in sy brief aan die Romeine die woord, ‘gelykvormig’ te gebruik – elke mens word al hoe meer, óf ‘gelykvormig aan die beeld van Sy Seun’ (Rom.8:29), óf ‘gelykvormig aan hierdie wêreld’ (Rom.12:2). (Daniël en 3 vriende – net 4 uit 75 neem ʼn duidelike stand in by die vreemde land met sy afgode en offers).
·    
·    A. Ek moet verander tot geestelike volwassenheid (Ef.4:13). Verander éérste, van natuur (1 Pet.14) –     God se lig en Sy goddelike natuur in jou en my menslike natuur om Hóm te kan ken, te bewonder, te vertrou, te aanbid en lief te hê. Toe Jesus vir my gesterf het, was dit om my van sondeskuld vry te spreek, van sondemag vry te maak en van sondesmet rein te maak; om my ʼn volwasse, sterk en goed gebalanseerde Christen te maak. Dan is die Christen is gereed vir die arena, vir die toetsbaan, die vuurproef en die stryd!
·    Waardig is die Lam, want toe Hy gekruisig en begrawe is, was dit dat ek my “oue mens” kon afsterf. Toe Hy uit die dood uit opgestaan het, was dit om sy lewe aan my mee te deel. Toe Hy na die hemel opgevaar het, was dit om aan my sy volheid - die volheid van sy Heilige Gees - te skenk. Toe Hy aan die regterhand van die Vader gaan sit het, was dit om aan my ook rus te gee. Toe Hy die kroon herwin het, was dit om aan my heerskappy terug te gee!  ‘... nie meer kinders nie ...’ maar geestelik volwasse Christene. Volmaakte verlossing en toerusting sodat ons geen verskoning meer het vir daardie sonde wat, omdat ons dit liefhet en nog wil gaan doen, ons dit somtyds nog na swakhede vernoem, maar tog ernstige swakhede toelaat en gelate aanvaar waaraan ons nooit wou gewerk het nie, en gevolglik het dit aaklige en ernstige krake in ons mondering veroorsaak. Ons self en ons huismense weet daarvan ... nie die dominee of die pastoor nie!
·    
·    B. Ek moet verander tot reggesnoeide vrugbaarheid.  Die snoeimes vir die wynstok vir vrug, goeie
·        vrug, baie vrug, kwaliteit vrug en blywende vrug. Verander van rigting/denkwyse (Rom.2:1,2) deur volkome oorgawe en die vernuwing van julle gemoed. Verander van verkeerde gesindhede ... ‘hierdie gesindheid moet IN julle wees, wat ook in Christus Jesus was’ (Fil.3:21). Hou op om te ‘bid’ oor verkeerde gesindhede – verander dit self!!! Stroop dit van jou af! – nie net duidelike en blatante sonde nie, maar van elke las en daardie ‘bagasie’ wat jou pootjie, moeg maak, jou hart én aandag verdeel en dikwels nog aan die wêreld vashaak (‘Niks van Sodom ... nie eers ʼn skoenriem nie!’).
·    
·    C. Ek moet verander tot Christus gelykvormigheid – die enigste betroubare teken/bewys dat jy en ek
·        Geesvervuld is – as ander vir Jesus in ons kan sien. Verander van beeld (Rom.8:29; Hand.6:7; 2 Kon.11; 2 Kron.23 – koning gewys, uitgebring, gekroon). Verander van gedaante – (2 Kor.3:18 – geestelik - ‘van (een graad van) heerlikheid tot (die volgende graad van) heerlikheid’ (2 Kor.3:18; 2 Pet.1:5-7). Hou aan verander tot wanneer ‘ons aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is’.
·    
·    D. Ek moet verander tot hemelse gereedheid – Ryp vir die hemel/wederkoms. Gereinig, oorgegee en  
·         toegewy - aan ʼn Persoon - Jesus Christus! Sy Naam soos salf wat uitgegiet is! Verander van my vernederde liggaam tot gelykheid aan Sý verheerlikte liggaam (Fil.3:21; 1 Joh.3:1-3; Op.22). Hierdie laaste verandering sal wees wanneer Christus Sy allerlaaste KOM sal uitroep: “KOM, julle geseëndes van My Vader ....” (Mat.24;35).  Sy ROEPING is nie soseer ’n dreigement nie, dis meer ’n uitnodiging. Hy begeer dat ons spontaan, uit vrye wil sal antwoord, ons ‘aanvaar die Kruis en win die Kroon, net omdat ons Hóm liefhet!’ Nie die idee van die meeste, dat daar vir hulle ʼn glinsterende kroon en ʼn spoggerige paleis sal wees, met engele om hulle te dien nie, want ‘as’ daar ʼn kroon ter sprake is, sal dit daardie soort wees wat jy met blydskap en aanbidding weer aan Sý voete sal neerwerp! (Op.4:10). Onbeskryflike, ewige en onuitspreeklike saligheid en blydskap! Dít gee ons so ʼn vae idee van ons roeping tot God se heerlikheid ! (“Trek uit my klere ... daar sien ek Jesus staan met die wit kleed vir my, in sy hand!”  Kommunistiese soldaat wat Christen se plek inneem, nakend in die uiterste koue, omdat hý die kroon gesien het wat besig was om neer te daal, totdat die ‘Christen’ sy Christus verloën het)

Geskryf deur Andre du Toit (www.gebedsklub.net)