Preek oor 1 Petrus PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Scholtz   

Inleiding

Die ywerige, vurige, en geliefde leier Apostel, Petrus, skryf hierdie ‘kosbare’ brief omstreeks 65 A.D. vanaf Babilon (5:13) aan die vreemdelinge in die verstrooiing – d.w.s. aan gelowiges wat voor vervolgers uit moes vlug en heel waarskynlik al hul besittings moes prysgee, en ontsettende pyn en lyding moes verduur. Petrus is baie lief vir die woord ‘kosbaar’ en in die lig van kosbaarhede wat vervolgde Christene noodwendig moet verbeur, noem en beskryf hy dan juis in sy briewe 5 kosbare skatte wat hulle dan as ewige, onmisbare en onvernietigbare winste behaal.

 
Sendbrief Aan Die Romeine PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Scholtz   
DIE SKRYWER:  Deur die apostel Paulus (Latyns "klein een"), vanaf Korinthe, in 58 A.D., aan die einde van sy 3de Sendingreis en teen die einde van sy drie maande verblyf in Korinthe. (Hand.20:1-6). Die brief is deur Fébe, die vroulike diakones, na Rome geneem.

DOEL VAN SKRYWE:  Namate die verkondiging van die Evangelie al wyer uitgekring en die aantal gelowiges onder Jode EN Heidene toegeneem het, het daar belangrike vrae en 'n mate van onsekerheid ontstaan oor sekere aspekte van leerstellige beginsels, onderlinge nasionale verhoudinge en ander lastige probleme rondom die Evangelie.

 
Die Jesus van nóú PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Dr Chris Saayman   
Verlede Sondag het ons daarop gelet dat díé Jesus wat uit die dood opgestaan het, ’n egte MENS was – óns vlees & bloed. Wel verheerlik (bv. onsterflik), maar steeds waarlik ég méns. Vanoggend moet ons sien: Jesus is STEEDS méns. Die klem op: IS > Nou, hier. Met Sy hemelvaart het Hy as méns buite ons gesigsveld gegaan, maar Hy ís steeds MENS by die Vader … en … deur middel van die Heilige Gees, deel Hy juis Sy ménsheid met ons.
 
Efesiërs PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Pieter Scholtz   

(boodskap 1)  

Hier een vd sterkste ankers van geloof vir elke Christen wat weet hy kan sit in hemelse plekke in Christus, in heiligheid stap op aarde en oorwinnend kan stry teen owerhede en bose magte in die lug. Eerste 3 hoofst. leerstellig - laaste 3 prakties.  1,2 ‘EK IN CHRISTUS’ ; 3 ‘CHRISTUS IN MY’ ; 4-6 ‘CHRISTUS DEUR MY’. R Paxon - ‘wealth, walk, warfare ... grand canyon’  
Vir armes: ‘die onnaspeurlike rykdomme van Christus’; die swakkes: ‘die onnaspeurlike grootheid van Sy krag vir ons ... in ons’: die stryders: ‘die volle wapenrusting van God’, vir elke Christen - ‘vervul tot AL die volheid van God 3:19.

 
Bely Christus voor die mens PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur F. B. Meyer   
Elkeen dan wat My Sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.” - Matt. 10: 32.

Christus se uiteindelike doel is om vrede vir ons sondige mensdom te verkry, en die verkondiging van die boodskap van vrede is reeds besig om dwarsdeur die wêreld te versprei. Ons moet in ons getuienis nie weifel of in ons hart die waarheid verberg wat aan ons toevertrou is nie, aangesien daardeur smaad en lyding oor ons gebring kan word. Daar is niks wat vir ons eie erns en toewyding so bevorderlik sal wees as ons gedurige getuienis vir Christus nie. Die bevordering van die koninkryk van God word nie soseer bepaal deur merkwaardige veldtogte en preke nie, as deurdat ons elkeen vir ons naaste sou sê: “Ken die Here!”
 
<< Begin < Vorige 1 2 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL