|
Geskryf deur Pieter Scholtz
|
|
Inleiding
Die ywerige, vurige, en geliefde leier Apostel, Petrus, skryf hierdie ‘kosbare’ brief omstreeks 65 A.D. vanaf Babilon (5:13) aan die vreemdelinge in die verstrooiing – d.w.s. aan gelowiges wat voor vervolgers uit moes vlug en heel waarskynlik al hul besittings moes prysgee, en ontsettende pyn en lyding moes verduur. Petrus is baie lief vir die woord ‘kosbaar’ en in die lig van kosbaarhede wat vervolgde Christene noodwendig moet verbeur, noem en beskryf hy dan juis in sy briewe 5 kosbare skatte wat hulle dan as ewige, onmisbare en onvernietigbare winste behaal.
|