Kontak Ons
Gereelde vrae
V. Hoe laai ek die klank preke af?
Antwoord: Om klank preke af te laai na jou tafelblad, kliek links op die “laai nou af” knoppie. Dan sal ‘n dialoogblokkie op kom waar u dan ‘save’ druk waarna nog n dialoogblokkie op kom om die preek in die gepaste plek op u rekenaar te plaas en om dan weer ‘save’ druk om die aflaai te begin.
V. Het die materiaal op PreekIndeks kopiereg?
Antwoord: Ons het gepoog om net materiaal beskikbaar te stel wat in die publieke domein is en sal sodoende sonder kopiereg wees. Indien u besorgd is omtrent enige kopiereg of voel dat u die eienaar is van enige van die materiaal wat op die webblad beskikbaar is, kontak ons asseblief.
V. Kan ek preke aflaai, versprei en brand op CD's?
Antwoord: Alle materiaal beskikbaar op PreekIndeks Kan vrylik gekopieer word en gebruek word tot eer van God, maar dit mag nie gekoop of verkoop word nie.
V. Sommige sprekers op PreekIndeks het leerstellige verskille?
Antwoord: As gevolg van die karakter van die webblad and die hoeveelheid materiaal wat beskikbaar is is die sienings die van die oorspronklike spreker of skrywer. As gevolg van die verskeidenheid van die standpunte omtrent sekere onderwerpe is daar sekerlik nêrens een individu wat sou saamstem met al die standpunte oor al die onderwerpe wat hier verteenwoordig word nie, so ook nie ons nie. Nogtans is die materiaal steeds waardevol en sit werd om bestudeer te word. Iemand het die vergelyking getref tussen die luister van baie verskillende sprekers en die eet van vis, dat mens moet nou en dan die grate uitspoeg, maar die vis is steeds goed.
V. Is daar meer informasie omtrent PreekIndeks en sy geskiedenis?
Antwoord: U kan kyk na 'n basiese beskrywing van die geskiedenis van PreekIndeks en die hoof doelwit en roeping hier: oor bediening.
V. Hoe kan ek my preke indien of hier huisves verkry vir my preke?
Antwoord: PreekIndeks huisves nie preke vir kerke of enige bediening as 'n diens nie. Alle materiaal is self uitverkies en uitgesoek om gratis gehuisves te word. U is welkom om u preke in te dien en te pos, van die materiaal wat ingedien word, word nie aanvaar om bygevoeg te word by PreekIndeks nie. Tog is ons versoek dat u kragtige preke wat die Kerk terug sal roep na God vir ons sal Pos asblief.
V. Hoe kontak ek PreekIndeks direk?
Antwoord: Pos adres: P.O.Box 30251, Windhoek, Namibia / Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
V. Ondersteuning vir PreekIndeks
Antwoord: Gebedsondersteuning is die belangrikste aspek van ondersteuning vir die bediening. Daar is 'n doelwit om PreekIndeks te bedryf met so min as moontlike oorhoofse kostes en in God se genade is dit bereik. Greg Gordon is die stigter van ‘Sermonindex’ en Llewellyn van der Merwe van PreekIndeks en hulle onderhou huidiglik die bediening voltyds.
Indien u vraag onbeantwoord bly, los gerus 'n boodskap in die vorm hier onder. Ons sal daarop reageer so gou as wat ons kan. Baie dankie vir u ondersteuning.