Oor Die Bediening
VISIE VAN DIE BEDIENING
'Die missie van PreekIndeks is die bewaring en verspreiding van klassieke uitstekende prediking en die bevordering van opregte herlewing vir hierdie generasie.'Die werk en bediening van PreekIndeks kan saamgevat word in die een woord: Herlewing. PreekIndeks is nie 'n organisasie, 'n besigheid, of enige poging deur mens om iets vir God te bou nie. Dit is eerder die uitdrukking van 'n hart met 'n las om die Kerk geherleef te sien en terug te bring na heiligheid, reinheid en krag met God. Die hoof dryfkrag van die sprekers en artikels op die webblad is na 'n 'apostoliese' visie van die kerk van God gevind in die Heilige Geskrifte. Hierdie Bybelse gebalanseerde Christenskap is iets wat nodig is in teenstelling met ons moderne kommersiële, oppervlakkige, kulturele Christenskap. Die begeerte vir 'n geestelike ontwaking is met die hoop dat dit die oorspronklike apostoliese (Handelinge) kerk sal herstel in die wêreld as a beter uitdrukking van wat die Kerk behoort te wees.
'Ek het 'n kosbare juweel aanskou, waarna my hart verlang het. Die sterk prediking wat skynbaar langs die pad verlore gegaan het is weereens opgewek uit die dood.' - Mike Balog. Hierdie aanhaling vat saam wat PreekIndeks gedoen het, wat is om ou Bybelse prediking te herower wat verlore was vir 'n generasie. Daar is 'n nood, te midde van die afvalligheid en louheid, om ware, bestendige prediking in ons dae te vind. Die skrif is gegee vir PreekIndeks as 'n bediening te midde van die geestelike verval waarin ons onsself bevind: “‘n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur: die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?” -Jeremia 5:31
SOMMIGE VRAE BEANTWOORD
V. Wanneer het Preekindeks begin?
Antwoord: Die bediening van ‘Sermonindex’ het begin in Desember 2002 toe Greg Gordon die boek 'Why Revival Tarries' deur Leonard Ravenhill gelees het en ge-oortuig is om Ravenhill se preke en ander hulpbronne te deel om die kerk aan te spoor tot herlewing en apostoliese (Handelinge) realiteit. Die bediening van die Afrikaanse Preekindeks het begin in September 2008 toe Greg Gordon en Llewellyn van der Merwe in Suid Afrika saam getoer het. Gedurende hierdie tyd het die Here op hul harte gedruk om ook die Afrikaanse preke en ander hulpbronne te deel met die kerk, en so hulle aan te spoor tot herlewing en apostoliese (Handelinge) realiteit.
V. Wat bereik die bediening?
Antwoord: ‘Sermonindex’ kon 215 lande in die wêreld bereik in die laaste 6 jaar met oor die 11 miljoen preke wat afgelaai is. Al hierdie hulpbronne is gratis beskikbaar aan God se mense. Ons vertou ook dat die Afrikaanse blad tot seen sal wees vir baie Afrikaners.
V. Wie bedryf PreekIndeks?
Antwoord: Die liggaam van Christus. Vanaf die begin het vrywillige ondersteuning dit moontlik gemaak om oor die 16 000 audio preke te stoor in argiewe, asook ander hulpbronne op die webblad. Die ware eiendomsreg van die webblad behoort aan God se mense wie van dit 'n inter-denominale uitdrukking van die liggaam van Christus gemaak het wêreld wyd. Greg Gordon is die voltydse moderator van ‘Sermonindex’ vir die laaste 6 jaar, wie die fasiliteerder van die vrywilligers is, om die taak te volbring. So ook is 'n ander broer die moderator en fasiliteerder van Preekindeks.
V. Het PreekIndeks 'n sekere denominale klemtoon?
Antwoord: Nee. PreekIndeks begeer om 'n uitdrukking te wees van die apostoliese (Handelinge) kerk wat gevind word in die Skrif. Dit is 'n inter-denominale bediening met 100'de verskillende denominasies en bedieninge betrokke. Bybelse waarheid en en 'n begeerte vir herlewing is die klemtoon wat die fondasie is vir die bediening. 'n Algemene geloofsbelydenis kan hieronder gelees word.
V. Is daar 'n geloofsbelydenis op die webblad?
Antwoord: Dat die Bybel (66 boeke) die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God is, die enigste en volkome handleiding vir ons lewe op die aarde. Dat daar een God is, wat ewig bestaan in drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees. In die Goddelikheid van ons Here Jesus Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy menslikheid, Sy perfekte sondelose lewe, Sy plaasvervangende dood as versoening vir ons sonde, Sy liggaamlike opstanding, Sy opvaar na die Vader, en Sy persoonlike wederkoms na die aarde vir Sy geheilgdes. Dat alle mense dood in sonde en heeltemal verlore is en dat die enigste wyse wat hulle sonde vergewe kan word is deur bekering en deur geloof in die dood en opstanding van ons Here Jesus Christus. In die vernuwings werk van die Heilige Gees, waardeur 'n persoon wedergebore word as kind van God. In die doop met water deur onderdompeling, na wedergeboorte, in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. In die noodsaaklikheid om deur die Heilige Gees aanhoudend gevul te word vir die moontlikheid om krag te ontvang om getuies te wees vir Christus – in woord en in daad. In die opstanding van die regverdiges tot die ewige lewe en die die opstanding van die onregverdiges tot ewige oordeel.
V. Ondersteuning vir PreekIndeks
Antwoord: Gebedsondersteuning is die belangrikste aspek van ondersteuning vir die bediening. Daar is 'n doelwit om PreekIndeks te bedryf met so min as moontlike oorhoofse kostes en in God se genade is dit bereik. Greg Gordon is die stigter van ‘Sermonindex’ en 'n ander broer van PreekIndeks en hulle onderhou huidiglik die bediening voltyds.
Indien u vrae nie beantwoord is deur die bogenoemde moet tog nie huiwer om ons te kontak nie.