In Laaste Adam
Wen ons baie meer as wat ons deur die eerste Adam verloor het!
Die eerste Adam het ons in duisternis gedompel – die laaste Adam het ons daaruit, tot Sy wonderbare lig geroep!
Uit die eerste Adam is ons gebore – uit die laaste Adam word ons as God se kind weergebore.
Met Adam was ons God se skepsels – deur Christus word ons vir altyd Sy kinders (geslag van God gesoek)
In Adam was fiesiese en sielelewe – deur geloof in die laaste Adam ontvang ons die ewige lewe
Die eerste pas geskape Adam, het onskuld geken – in die laaste Adam ken en kry ons Sy heiligheid.
Van Adam erf ons ‘n sondige natuur – deur die laaste Adam ontvang ons ‘n goddelike natuur;
By Adam was ‘n tuin vol vrugtebome – laaste Adam self is die boom van die Lewe (in die middel van die paradys)
Die eerste Adam verloor in ‘n pragtige, vrugbare tuin – die laaste Adam oorwin in die donkerste tuin!
Adam verloor sy kroon van heerksyppy – Christus herwin vir ons die onverwerklike kroon van heerlikheid
Die eerste Adam misbruik sy Vryheid om vir God NEE te se – laaste Adam gebruik Syne om vir God Ja te se
Deur Adam kom daar sonde en deur die sonde, die dood – deur die laaste Adam kom lewe en oorvloed
In Adam is alle mense op die toetsbaan – deur die laaste Adam verksyn daar oorwinnaars in God se arena!
Adam stel die mensdom onder God se oordeel – in die laaste Adam stap verlostes uit onder God se reenboog
Elke Adamskind is nog by God bekend – in Christus is elke verloste Sy beminde / bewoonde kind.