Die Kerk en die Wêreld

Die Kerk en die wêreld was vêr van mekaar op die lewende stryd van tyd.

Die Wêreld was besig met sy verloklike sang en die kerk met ‘n lied aan haar Heer gewyd.

“Kom gee my jou hand” roep plesierige Wêreld “en gaan met my mee”.

Maar die vrome kerk ruk haar fyn wit handjies weg en antwoord ernstig “Nee!”

“Ag nee, kom net ‘n klein endjie saam” sê die wêreld met ‘n vriend’lik gebaar.

“Die pad wat ek gaan is ‘n lekker pad en die son skyn altyd daar”.

“My pad, sien jy, is breed en mooi en my poorte is hoog en wyd”.

Half skaam kom die kerk en gee aan die wêreld haar sneeuwit hand.

Die wêreld gryp dit vas en voer haar mee op die breë baan van skuiwende sand.

“Jou kleed is te eenvoudig en wit na my smaak” sê die wêreld “Kom ek gee jou fluweel en satyn.”

“Ook pragtige pêrels en blink diamante om die grasie van jou liggaam te omlyn.”

Die kerk kyk af op haar rein wit kleed en dan na die wêreld  in prag uitgedos,

En sy merk die lag op sy lippe en die spot in sy oë met ‘n blos.

“Ek sal my beklee met ‘n ryker kleed” sê die kerk en glimlag verleë.

Haar sneewit kleed is daarmee heen toe wêreld vir haar gee;

Van sy satyne, deurskynende sy met pêrels en juwele so mooi.

Haar hare in krulle op krulle en met diamante getooi.

“Jou huis is so outyds en kaal” sê die trotse wêreld. “ek sal jou een soos myne bou.”

“Met Oosterse matte, kantgordyne en meubels wat jy van hou.”

Hy koop vir haar ‘n sierlike woning en duur meubels, te mooi om te aanskou,

En haar seuns en skone dogters het daarin gewoon geklee in weelde en purper en goud.

Basaars en skoue word in die sale gehou en die wêreld was daar met sy kinders vir die pret,

En geld en musiek en feeste in die plek eers bestem vir gebed.

Die Gees van Genade kom sag na die kerk en fluister “Ek ken jou sonde”.

Die kerk kyk terug met ‘n sug en verlang na die heil van haar kinders, so geskonde.

“Jou leraars is outyds en saai” sê die jolige wêreld met ‘n lag van oor tot oor.

“Hulle maak my kinders bang met vreeslike stories, glad nie goed vir hulle om te hoor”.

“Hulle praat van vuur en swawel en pyn en ‘n verskriklike donker nag.”

“Hulle praat van ‘n plek so vreeslik dat mens dit nie in ‘n goeie geselskap verwag.”

“Ek sal jou ‘n beter klas stuur, intelligent, vrolik en vry”,

“Wat julle sal leer om te lewe na hartelus en tog ook die hemel sal kry”.

Die kinders van die wêreld en die kerk wandel saam met hart en hand.

Net die Meester kan sien hoe is die kerk aan die wêreld verpand.

Toe gaan die kerk in gemak sit en rus en sê: “Ek is ryk en het aan niks gebrek”.

“My besittings is baie, ek kan my verlustig in plesier en dans en feestafels dek”.

Geval, geval, het die kerk, die vrome kerk, van haar skoonheid beroof, en sy roem in haar skande.

Druk E-pos