Die Môrester
Die nag was lank en duister;
my kindersiel was bang
en duisend stemme fluister,
deur koorsgloed vasgevang.
Die siekte was vir my te swaar
… maar hoop wink toe van ver,
want in die donker skyn daar
die welkom môrester!
‘n Ander nag was duister;
my jongelingsiel was bang
en bose stemme fluister,
deur Satan vasgevang!
Die sonde was vir my te swaar
… maar redding wink van ver,
want met bekering skyn daar
‘n groter Môrester!
Geen nag is nou te duister;
my Christensiel nie bang
en soete stemme fluister,
Deur Jesus vasgevang.
Niks is nou meer vir my te swaar
… en ek weet Hy’s nie ver,
want in my lewe skyn daar
die helder Môrester!