’n Lewensveranderende Verhouding met die Lewende God

Ons moet ons oortuiging versterk oor wie Jesus Christus werklik is – die Weg, die Waarheid en die Lewe, in die mees verhewe sin van die woord. Hy is die vleesgeworde Woord, die Verlosser van die wêreld, die Heiligmaker van sy dissipels, en die Regter voor wie elke knie sal buig. Wandel jy in sy voetstappe, volg jy die leiding van sy Heilige Gees, en het jy vrymoedigheid om voor sy regterstoel rekenskap van jou lewe te gee? Hy roep ons op tot ’n nuwe oorgawe van gehoorsaamheid terwyl ons voorberei om die uitdagings van ’n nuwe jaar te aanvaar.

Lees verder

Druk E-pos

Wenresepte

Om jou ore uit te leen, is gevaarlik, want jy weet nie in watter toestand jy hulle terugkry nie.

Help jou naaste sy laste dra. Moenie hom met laste en al dra nie.

Ek wil liewer iets wat gevat is, sê as hê.

Loop padlangs en jy hoef nie te vrees vir ‘n slang in die gras nie.

Moenie jou talente begrawe en verwag dat hulle sal groei nie.

Lees verder

Druk E-pos

Vir die Kinders

Nogsteeds Geloof

Mark 11:24 “Daarom sê ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”

Toe my jongseun ongeveer 10 jaar oud was, het sy Ouma hom ‘n seël album belowe vir Kersfees. Kersfees het gekom, maar geen album nie, en geen woord van Ouma nie. Die saak, nie te min, was nie bespreek nie; maar toe sy speelmaats gekom het om na sy Kersgeskenke te kyk, was ek geskok, nadat ek hom al sy geskenke hoor opnoem het en byvoeg, “En ‘n seël album van my Ouma af.”

Ek het dit ‘n paar keer gehoor en besluit om hom na my toe te roep, en gesê, “Maar, Georgie, jy het nie die album gekry wat Ouma beloof het nie. Hoekom vertel jy vir jou maats so?”

Lees verder

Druk E-pos

Ouerlike Verantwoordelikheid

1 Sam 12:23: “Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig”. Alhoewel hierdie teksvers betrekking het op Samuel se boodskap aan die volk, is dit ewe belangrik dat die Christen-ouer dieselfde drieledige houding teenoor hulle kinders wat aan hulle toevertrou is, moet openbaar. Met ‘n geweldige sterk stroom waarmee die w wêreld talle jongmense meesleur, is hierdie drie ankertoue ‘n beproefde redmiddel wat die ouers kan gebruik om hulle kinders te beskerm.

Lees verder

Druk E-pos

Vergifnis

Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie.

Die emosioneel dieperwonde persoon se letsels in die onderbewussyn sal moeilik verdwyn maar die seer daarvan kan wel genees deur die oortreder vry te spreek via vergifnis.

Dit verg soms baie geduld, tyd en gebed om die verontregte persoon te begelei tot bevryding van bitterheid, haat, onvergewensgesindheid en ingrypende emosionele ontwrigting.

Lees verder

Druk E-pos

  • 1
  • 2