Wêreldsgesindheid in die Kerk van Christus

 

Die kerk en die wêreld het ver van mekaar af gestap. Maar met die verandering van die tyd het die wêreld ‘n lied begin sing vir die kerk: “Kom gee my jou hand, en stap saam met my.” Maar die goeie kerk het haar hand weggesteek en geantwoord: “Nee, ek sal jou nie my hand gee nie, en ek sal nie saam met jou stap nie. Jou weg is die weg van die ewige dood. En jou woorde is alles vals.”

“Nee, maar stap saam met my met ‘n bietjie spasie,” het die wêreld baie vriendelik geantwoord. “Die pad waarop ek stap is ‘n aangename pad, en die son skyn altyd hier. Jou weg is smal en rof, terwyl myne rooskleurig en gemaklik is; jou lot is pyn, maar ek beweeg in vreugde. My weg is, soos jy kan sien, groot en my poorte is hoog en wyd. Daar is genoeg spasie vir jou en vir my.”

Half skamerig het die kerk die wêreld genader, en gee toe haar rein hand vir hom. En die valse wêreld het dit gegryp en hulle het saamgestap. Sag het die wêreld begin fluister: “Jou kleredrag is te eenvoudig om my smaak te bevredig. Ek het vir jou goud en perels om te dra en diamante om jou hare mee te versier.”

Die kerkhet afgekyk na haar ordinêre wit kleed, en toe na die skitterende wêreld, en het gebloos nadat sy sy aantreklike lip raakgesien het. Met ‘n skaam glimlag antwoord die kerk: “Ek sal my kleed verander vir ‘n meer duursame een.” Net daarna het haar rein wit kleed weggeval, en die wêreld het in die plek daarvan pragtige satyn en modiuse silk en rose en perels gegee. En oor haar voorhoof het haar helder hare geval, en ingekom ‘n duisend krulle.

“Jou huis is te eenvoudig” het die trotse wêreld gese. “Ek sal vir jou een bou soos myne, met ‘n kombuis vir feesvieringe, en ‘n vertrek vir speletjies. En meubels van goeie gehalte, net die beste vir jou.” So het hy dan vir haar ‘n duursame en beeldskone huis gebou. Haar seuns en haar dogters het gedurig bymekaargekom, geskyn in purper en goud. 

Die Engel van genade het by die kerk ingekom, en gefluister, “Ek ken u sonde”. Toe het die kerk harseer gelyk en vol angs begeer om haar kinders in te bring. Maar sommiges was weg vir ‘n middernag dans, en ander was besig om te drink in homoseksuele nagklubs. En so het sy maar besluit om saggies weg te gaan. 

Toe sê die wêreld in ‘n gemaksigtige toon, “Jou kinders bedoel geen sleg – hulle geniet net die onskuldige sports.” So het die wêreld en die kerk saam gestap, en gelag en blomme bymekaar gemaak. Hulle het saamgestap terwyl miljoene dierbare liese by die sekonde verlore gegaan het.

“Jou predikers is almal te oud en plein, hulle maak my kinders bang met hulle stories van die hel en sonde, wat hulle nie wil hoor. Hulle praat van oordele en vuur en pyn. Hulle waarsku van ‘n plek wat nie moet wees. Ek sal vir jou preke gee van liefde en vreugde. ‘n Preek wat verkondig dat mense mag lewe soos hulle wil, en op die einde van hul lewens almal mekaar in die hemel gaan ontmoe. Die Vader is genadig, goed, liefdevol en teer. Dink jy Hy sal een kind hemel toe vat en ‘n ander een nie?” En die kerk het sy raad geneem. En die plein ou manne wat gepreek het van die Kruis het sy weggestuur. Man vir man het ingekom en die kerk ondersteun. Hy het gepreek en gesing en gesorg vir mooi blomme daarby. Vinnig het die evangelie verander. “Jy gee te veel vir die armes. Alhoewel hulle behuising, kos en klere benodig, hoekom bekommer dit jou? Gaan vat jou geld en spandeer dit op luukshede, mooi huise, duur motors, juwele en heerlike kos. Om die mense by die kerk te kry, moet jy doen wat hul doen, en stap in hul weg.”

So het die kerk en die wêreld saamgestap, en net die Meester alleen, kon die verskil tussen die twee sien. 

Toe het die kerk gaan sit en met trots gesê: “Ek is ryk en in materiële besittings verryk geword. Ek het geen nood en niks om te doen, behalwe lag en dans en feesvier.”

Die sluwe wêreld het haar gehoor en innerlik gelag. En uitdagend langs die kant gesê: “Die kerk het geval, die beeldskone kerk. Haar skaamte was haar trots.” ‘n Stem het vanuit die hemel gekom van Hom wat op die troon sit, “Ek ken jou werke, en wat jy gesê het, maar alas, jy weet nie dat jy arm en naak en blind is nie. Met trots vervul. Die verwagtende bruid van ‘n hemelse Bruidegom, is vriende met die wereld! Verneder jou hart, bely jou sonde. Laat skaamte jou gesig bedek. Of anders gaan Ek jou naam uit die Boek van die Lewe moet skrap.”

Joh 4:4,5 “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wereld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wereld wil wees word ‘n vyand van God.”

Leonard Ravenhill gee ‘n eenvoudige toets vir ‘n man wat met God wandel: “Die ware man van God is hartsiek, teneergedruk, en ontsteld oor die wêreldsgesindheid in die kerk, ontsteld oor die aanvaarding van sonde binne die kerk, ontsteld oor die biddeloosheid in die kerk.” Waarlik, vandag is die tyd om te ween oor die triomf wat die wêreld oor die kerk het. Die wereld roep uit “Waar is hulle God?” God word nie meer raakgesien in die kerk nie, want die kerk is kragteloos!

Samual Chadwick het gesê: “Die Heilige Gees kan nie die wêreld wen deur ongeloof nie, nog minder kan Hy die wêreld win met ‘n wêreldse kerk.”

Liewe Christen, vind jy jouself nie afgesonder van die wêreld nie? Lees die woorde van AW Pink en kyk waar jou hart is: “Die natuur van God se saligmaking is misvoorgestel deur die huidige evangeliste. Hulle kondig ‘n Saligmaker aan van die hel, eerder as ‘n Saligmaker van sonde. En dit is die rede waarom so baie mislei word. Want daar is ‘n magdom van mense wat wens om die poel van vuur te ontvlug, maar het geen begeerte om verlos te word van hul sonde en wêreldsgesindhede nie.”

‘n Christen en nogtans wêrelds?

Horatius Bonar het gesê: “Gaan aan in jou wêreldsgesindheid, gee jouself heeltemal oor in die plesieringe van hierdie wêreld. Maar weet dat die einde van hierdie dinge die dood is.” 1 Joh 2:15 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.”

Die Christen kan nie deel hê in die wêreldse dinge nie. Onmoontlik! Die partytjies, die gedans, die sonde! Ons moet ophou dink dat ons burgers is van hierdie wêreld, ons burgerskap is in die hemel. Ons het ‘n huis- maar nie in die paleise van hierdie wêreld nie. Ons het ‘n huis- nie gemaak deur hande nie, maar wat ewig is in die hemel. Nee, ons burgerskap lê in die hemel. En ons wag entoesiasties op die Saligmaker van daar, die Here Jesus Christus! 

Thomas Brooks het gesê: “Al die eer van hierdie wêreld is soete gif wat ons in groot gevaar stel, as dit ons nie op die einde vernietig nie.” Tog, hoeveel kerkgangers, sonder enige stryd, verlustig hul in die plesiere van hierdie wêreld? Hoeveel kerke bied vir mense hierdie gif gemeng met die waarheid? Wat ‘n dodelike kombinasie. Kerk, verwyder jou van die wêreld! Mag ons dit saam met die Apostel Paulus sê: “Die wêreld is gekruisig vir my , en ek vir die wêreld.” Mag dit so wees!

 

Vertaal deur Annelize Botha 

Druk E-pos