Bely Christus voor die mens

Elkeen dan wat My Sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.” - Matt. 10: 32.

Christus se uiteindelike doel is om vrede vir ons sondige mensdom te verkry, en die verkondiging van die boodskap van vrede is reeds besig om dwarsdeur die wêreld te versprei. Ons moet in ons getuienis nie weifel of in ons hart die waarheid verberg wat aan ons toevertrou is nie, aangesien daardeur smaad en lyding oor ons gebring kan word. Daar is niks wat vir ons eie erns en toewyding so bevorderlik sal wees as ons gedurige getuienis vir Christus nie. Die bevordering van die koninkryk van God word nie soseer bepaal deur merkwaardige veldtogte en preke nie, as deurdat ons elkeen vir ons naaste sou sê: “Ken die Here!”

Lees verder

Druk E-pos

Onontbeerlike faktore van Herlewing

’n Sendeling het eens op ’n tyd verskonend teenoor my opgemerk, “Ek het nog altyd na herlewing gesmag, maar my sendingstasie is so afgeleë, dat dit vir my onmoontlik is om die dienste van ’n evangelis te bekom.” Asof die werking van die Gees van God net tot ’n paar uitverkorenes beperk is! Enige groep soekende Christene kan die volle seën van Pinkster ontvang. Maar is ons reg om Hom te ontvang? Het ons genoeg waardering vir die Gewer en die gawe?

Lees verder

Druk E-pos

Wêreldsgesindheid in die Kerk van Christus

 

Die kerk en die wêreld het ver van mekaar af gestap. Maar met die verandering van die tyd het die wêreld ‘n lied begin sing vir die kerk: “Kom gee my jou hand, en stap saam met my.” Maar die goeie kerk het haar hand weggesteek en geantwoord: “Nee, ek sal jou nie my hand gee nie, en ek sal nie saam met jou stap nie. Jou weg is die weg van die ewige dood. En jou woorde is alles vals.”

Lees verder

Druk E-pos

Verleiding en valse herlewing

 

Jesus en die apostels het herhaaldelik gewaarsku dat daar in die laaste dae gekenmerk sal word deur ‘n wêreldwye verleiding en ‘n menigte valse profete (Matt 24:3, 11, 24; 1 Tim 4:1) – en ons het al baie van hulle gesien die afgelope paar dekades.

Hoekom word miljoene Christene verlei deur valse profete en hierdie valse “herlewings”? En hoekom is so baie predikers prooi vir immoraliteit en gulsigheid?

Lees verder

Druk E-pos